’n Besonder doeltreffende taktiek — tot een man wegval. Dan kan die hele formasie skielik meegee.
Vandaar die slagspreek — die diepe besef onder soldate dat almal sáám die geveg binnegaan. Skouer aan skouer sal baklei. En almal sáám sal uitkom. óf te voet óf bo-op ’n gevegskild.
Vandag gee dié slagspreuk soldate — van Amerikaanse vlootsoldate tot ons eie recces — die diepe gemoedsrus dat dit nie saak maak wat agter vyandige linies gebeur nie, hul kamerade sal nooit van hulle vergeet nie.