AFGRI
BEAN
27 Me
-
8397
0,00
CORN
27 Me
-
3565
-29,00
SOYA
27 Me
-
9138,8
88,80
SUNS
27 Me
-
8945
-71,00
WEAT
27 Me
-
6650
47,00
WMAZ
27 Me
-
4929
-139,00
YMAZ
27 Me
-
4032
-29,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Me
-
148,52
1,37
Ave Wool - RWS
17 Me
-
165,78
1,77
Beeste A2/3
17 Me
-
55,18
-0,11
Beeste AB2/3
17 Me
-
53,13
0,24
Beeste B2/3
17 Me
-
46,93
1,33
Beeste C2/3
17 Me
-
43,76
0,54
Bevrore Hoender
17 Me
-
34,89
0,04
Bokkies (onder 30 kg)
17 Me
-
49,82
0,27
Bokooie
17 Me
-
37,41
-3,33
Feeder Lamb (Dual Purpose)
17 Me
-
40,42
-0,25
Groot (meer as 40 kg)
17 Me
-
39,82
-3,04
Hoender (IQF)
17 Me
-
30,81
1,22
Medium (30-40kg)
17 Me
-
46,36
2,45
Mohair
17 Me
-
392,62
0,00
Pork Average
17 Me
-
31,09
0,46
Poultry Average
17 Me
-
33,6
0,53
Sheep A2/3
17 Me
-
82,69
-1,46
Sheep AB2/3
17 Me
-
63,71
-0,90
Sheep B2/3
17 Me
-
53,18
0,41
Sheep C2/3
17 Me
-
54,92
-0,72
Spekvarke
17 Me
-
30,8
0,25
Varkwors
17 Me
-
23,99
-0,24
Vars Hoender
17 Me
-
35,1
0,32
Vleisvarke
17 Me
-
31,37
0,66
Weaners (200-250kg)
17 Me
-
32,15
0,19
Deel

Gru-plaasmoord op bejaarde egpaar van Vrystaat veroordeel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die grusame moord op ’n bejaarde egpaar wie se lyke die naweek in ’n boorgat en ’n septiese tenk op ’n plaas by Glen naby Bloemfontein gevind is, word wyd veroordeel.

Die polisie het Saterdagnag afgekom op die lyke van Christo Morrison (76) en sy vrou, Christa (73), wat oop wonde aan die boonste dele van hul liggame gehad het.

’n Bekommerde buurman wat die Morrisons sedert Vrydag nie op hul selfone kon bereik nie, het die polisie Saterdag gevra om ondersoek te gaan instel.

Volgens ’n verklaring deur die kantoor van die provinsiale kommissaris het die polisie met hul aankoms gesien dat die deure van die plaashuis oopstaan. Daar was bloed op die vloere en die egpaar was nie in die deurmekaar huis nie. Dit wou voorkom of iemand na goedere gesoek het.

’n Multidissiplinêre aksieplan is onmiddellik ingestel en ’n soektog na die egpaar is begin.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê Morrison se lyk is sowat 300 m van die plaashuis af gevind en sy vrou se lyk is in ’n septiese tenk opgespoor. Beide is op die toneel dood verklaar.

Terwyl die soektog nog aan die gang was, is hul Toyota Land Cruiser naby Majwemasweu by Brandfort gevind. Gereedskap en elektroniese toerusting is uit die plaashuis gesteel en die Glen-polisie ondersoek sake van huisroof en moord.

’n Soektog na die moordenaars is aan die gang maar tot dusver is niemand nog in hegtenis geneem nie. Netwerk 24 het verneem dat verdagtes reeds Sondag ondervra is.

Skerp veroordeel

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou, sê die grusaamheid van só ’n aanval kan hoegenaamd op geen manier geregverdig word nie, ongeag wat enige persoon teenoor ’n ander dalk doen of sê. “Selfs nadat ek 19 jaar in die polisie was, kon ek nog nooit hierdie tipe wreedheid verstaan nie. Ons moet dit ten sterkste veroordeel.”

Sy sê die inligting kom nog drupsgewys in en dit is nog nie duidelik wat alles geroof is nie. Uit die inligting tot dusver blyk dit dat die moontlikheid van ’n persoonlike verbintenis moontlik kan bestaan – iemand wat voorheen dalk op die plaas gewoon of gewerk het.

“Ons kan net hoop en glo dat die polisie alle moontlike inligting sal opvolg, dat inhegtenisnemings en suksesvolle vervolgings daaruit sal voortspruit en swaar vonnisse by skuldigbevinding opgelê sal word.”

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat, het ook die moord ten sterkste veroordeel. Hy sê in ’n verklaring plaasaanvalle en -moorde is anders as huisbrake en roof in stedelike gebiede – veral weens die geweld en onmenslikheid wat daarmee gepaardgaan.

Volgens hom word dit deur die politieke retoriek van die ANC en die EFF aangeblaas, en die VF Plus beskou die geweld in hierdie aanval as wreedaardig en onnodig.

“Dit is een van vele gevalle wat wys dat die regering nie oor die politieke wil beskik om hierdie soort misdaad te bekamp nie.

“Veiligheidsnetwerke moet versterk word sodat aanvalle soos dié voorkom kan word. Die reaksie van die polisie moet van só ’n aard wees dat dit as afskrikmiddel vir aanvallers dien.”

Van Niekerk sê die VF Plus spreek sy innige simpatie uit met die familie en geliefdes van die Morrison-egpaar wat nie verdien het om deur hierdie verskriklike hartseer te gaan nie.

Die DA het ook sy medelye betuig met die naasbestaandes van die Morrison-egpaar en gesê die ontstellende toename in geweldsmisdade in die provinsie kan aan die swak uitvoering van die ANC-beleid oor polisiëring toegeskryf word.

Roy Jankielsohn, kandidaat vir die provinsie se premierskap, het gesê die nasionale regering se onvermoë om misdaad hok te slaan kan nie net aan maatskaplik-ekonomiese faktore toegeskryf word nie. “Die regering hou vol om te beding vir ’n gesentraliseerde nasionale polisiemag terwyl die DA ’n gedesentraliseerde polisiemag wil sien wat plaaslik verantwoording moet doen. Dit sal wetstoepassing nader aan gemeenskappe bring met strategieë wat op eiesoortige plaaslike probleme gemik is.”

Hy het daarop gewys dat sowat 75 Suid-Afrikaners daagliks vermoor word terwyl daar ’n altyd teenwoordige risiko van diefstal, moord of verkragting op straat is, en daar is min vertroue in die polisie om die land se burgers te beskerm.

Jankielsohn het gesê die DA sal landelike gemeenskappe teen misdade, wat plaasaanvalle en -moorde insluit, beskerm deur onder meer pasgemaakte landelike veiligheidsplanne in ál die provinsies met voldoende finansiering om dit te implementeer, die skep van landelike veiligheidseenhede, landelike radionetwerke, die versterking van die vermoë van eenhede teen veediefstal en deur hom te beywer vir wetgewing wat grondbesetting kriminaliseer en voorkom.

Enigiemand met inligting word gevra om kol. Ben Bolsiek by 082 466 8530 te bel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Stem
Gaan jy Woensdag stem?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja
92% - 34 stemme
Nee
8% - 3 stemme
Stem
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.39
+0.1%
Rand - Pond
23.48
+0.0%
Rand - Euro
19.96
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Platinum
1,064.30
+2.9%
Palladium
994.00
+2.7%
Goud
2,351.00
+0.8%
Silwer
31.71
+4.5%
Brent-ruolie
82.12
+0.9%
Top-40
72,559
-0.3%
Alle aandele
78,921
-0.3%
Hulpbronne 10
62,969
+0.6%
Industriële 25
109,532
-0.3%
Finansiële 15
17,063
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons word een
Ek is jonk en gesond. Is rustig en vredeliewend. Glo in opregtheid. Eerlikheid is bo aan my lys. Ek glo in ń verhouding met een vrou. Ek hou van om by die huis te wees....
Ek is besig om te skryf aan my nuwe hoofstuk....opsoek na mede hoofkarakter in my outobiografie
Ek is 'n hopeless romantic wat nogsteeds glo in happy endings. Die 90's tipe verhoudings laat my hart warm klop. Ek is fun loving, passievol, intens en die kleiner...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot