AFGRI
BEAN
28 Me
-
8315
10,00
CORN
28 Me
-
3598
28,00
SOYA
28 Me
-
9050
20,00
SUNS
28 Me
-
8810
7,00
WEAT
28 Me
-
6710
60,00
WMAZ
28 Me
-
4989
58,00
YMAZ
28 Me
-
4079,8
47,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Me
-
148,52
1,37
Ave Wool - RWS
17 Me
-
165,78
1,77
Beeste A2/3
17 Me
-
55,18
-0,11
Beeste AB2/3
17 Me
-
53,13
0,24
Beeste B2/3
17 Me
-
46,93
1,33
Beeste C2/3
17 Me
-
43,76
0,54
Bevrore Hoender
17 Me
-
34,89
0,04
Bokkies (onder 30 kg)
17 Me
-
49,82
0,27
Bokooie
17 Me
-
37,41
-3,33
Feeder Lamb (Dual Purpose)
17 Me
-
40,42
-0,25
Groot (meer as 40 kg)
17 Me
-
39,82
-3,04
Hoender (IQF)
17 Me
-
30,81
1,22
Medium (30-40kg)
17 Me
-
46,36
2,45
Mohair
17 Me
-
392,62
0,00
Pork Average
17 Me
-
31,09
0,46
Poultry Average
17 Me
-
33,6
0,53
Sheep A2/3
17 Me
-
82,69
-1,46
Sheep AB2/3
17 Me
-
63,71
-0,90
Sheep B2/3
17 Me
-
53,18
0,41
Sheep C2/3
17 Me
-
54,92
-0,72
Spekvarke
17 Me
-
30,8
0,25
Varkwors
17 Me
-
23,99
-0,24
Vars Hoender
17 Me
-
35,1
0,32
Vleisvarke
17 Me
-
31,37
0,66
Weaners (200-250kg)
17 Me
-
32,15
0,19
Deel

KYK | Jonge Thomas van die Paarl is boer in murg en been

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Thomas ís behendig met die snoeiskêr.
Thomas ís behendig met die snoeiskêr.
Vakansies vir hierdie jong boertjie van die Paarl is sinoniem met vroeg opstaan, werk, boer, en om met trekkers en vurkhysers rond te ry en planne te maak terwyl hy saam met sy pa boer.

“Ek het sommer al van kleintyd af saam met my pa in sy bakkie op die plaas rondgery en die beste middagslapies was wanneer ons so rondgery het,” sê Thomas Bourbon-Leftley toe Landbouweekblad by hom in die skoolvakansie gaan kuier het. Hy is maar 12 jaar oud, maar hy bestuur al vandat hy sewe jaar oud is die plaasbakkie (met ratte) op hul plaas Môrelig buite die Paarl.

En al staan hy nog kort in sy kouse, het die man klaar ’n boereplan gemaak om die pedale van die Toyota-bakkie by te kom. “Kom kyk hier, tannie, ek het kussings gepak sodat ek oor die stuurwiel kan kyk en naby genoeg aan die pedale kan sit.”

Dawid, hul (amper mak) miniatuur-donkie was ’n geskenk aan Liesl. Dawid is nie gewoonlik so vriendelik nie, maar wortels praat met hom!
Thomas Bourbon-Leftley boer nie sonder sy hoed en radio nie!
• Thomas bestuur self vandat hy sewe jaar oud was.
Thomas
Saam met sy ma, Liesl, en pa, William

Só boer Thomas-hulle

Sy pa, William, boer al 28 jaar saam met sy broer en suster. Een van die familieboerdery se plase is Môrelig, waar Thomas saam sy ouers en twee ouer broers bly. Dit is 180 ha groot, maar daar word net op ongeveer 40 ha met nektariens en pruime geboer, want die res is meestal berg.

Die plaas kry sy water uit drie bronne, verduidelik William, naamlik boorgat, die Wemmershoekdam en die Wemmershoekrivier wat oor die plaas loop.

“Ons het opgehou om sitrus te plant, want dit het nie geld gemaak nie,” sê Thomas heel saaklik. Die nektariens wat hulle in 2019 aangeplant het, is sy gunsteling-vrug.

“Ná oestyd sal ons kyk watter vrugte ons na Europa kan stuur, dit sal afhang van die kwaliteit. Die res wat oorbly, verkoop ons op die markte of aan winkels. Soms kom hier ook vrugtesmouse op die plaas om te koop. Dis dan wat ek met die vurkhyser mag rondry om palette rond te skuif.”

As Thomas kon, sou hy elke dag geboer het, maar die skooltoeganery staan soms tussen hom en sy planne.

Die lekker van boer!

“Dit is vir my baie lekker om dop te hou hoe die blommetjie verander in ’n vrug en die vrug groei, ons dit oes en dit weer in geld verander. Die verskillende stadiums fassineer my. Ek hou ook daarvan as oom Piet van Ceres af kom en my en die werkers leer hoe om nuwe snoeitegnieke toe te pas.”

Sy gunsteling-program op televisie is Boer soek ’n vrou, en hy lees ook Landbouweekblad. “Ek lees veral die dele waar boere vertel hoe hulle boer en wat hulle geleer het.”

Aardjie na sy vaartjie

“My pa inspireer my. Ek pas net by boerdery, en ek het ál my pa se boerdery-gene geërf. Hy leer my alles, en het nog áltyd al my duisende vrae geduldig en mooi beantwoord en die boerdery baie mooi aan my verduidelik.

“As ek so na my pa kyk, besef ek dit gaan nie altyd goed in die landbou nie, en ek het al geleer boerdery is nie altyd maklik nie. Een seisoen is alles 100%, en die volgende jaar werk dit nie alles mooi uit nie. Maar hy maak altyd planne! Ek leer so baie by hom en hy is ’n baie goeie voorbeeld vir my.”

Vakansies is vir boer

Die heel lekkerste ding vir Thomas is om soggens wakker te word wanneer hy weet hy hoef nie skool toe te gaan nie. “Vakansietye op die plaas is vir my die lekkerste, selfs lekkerder as om iewers vakansie te gaan hou, want hier kan ek boer.

“Op die dae wanneer ek nie hoef skool toe te gaan nie, kan ek die hele dag met die bakkie rondry, take vir my pa doen en boer.” Van sy take sluit sal soms in om die besproeiing te herstel as die spuitjies stukkend is.

Oestyd wat gewoonlik teen die middel van November tot Maart is, is ook vir hom die lekkerste tyd op die plaas.

Oor skool en wiskunde

So tuis soos wat Thomas op die plaas is, is hy ook op die skoolbanke, hoewel dit nie van die begin af in sy skoolloopbaan die geval was nie.

Volgens hom het hy aan die begin van sy skoolloopbaan gedink dat skool nutteloos is.

“Die oggend toe ek vir die eerste keer moes opstaan om gr. R toe te gaan, het ek skielik besef ek wíl boer! Ek wou nie skool toe gaan nie en vir ’n hele ruk moes my ma my soms by die skool se hek instoot en vir die juffrou sê om my ‘net te vat’, want boer is ál wat ek wou doen. Ek het self vir die juffrou ook gesê my pa kan my mos al hierdie goed leer.

Hy sug eers so ’n bietjie. “My siening oor skool het wel intussen verander, want ek weet hoe belangrik opvoeding – veral wiskunde – vir boere is. As jy boer, gaan jy baie wiskunde moet gebruik en daarom wil ek dit verstaan. Wiskunde is ook nou al my gunsteling-vak.”

So tussen die boerdery en skool deur is hy ook ’n kranige krieketspeler wat nou die dag nog ’n vyftigtal vir die Paarl Boys’ Primary School se 13B-span aangeteken het. “Ek geniet ook rugby en hokkie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Stem
Gaan jy Woensdag stem?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja
93% - 38 stemme
Nee
7% - 3 stemme
Stem
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.40
+0.1%
Rand - Pond
23.49
-0.0%
Rand - Euro
20.00
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.26
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.0%
Platinum
1,052.55
-1.1%
Palladium
981.50
-1.3%
Goud
2,344.07
-0.4%
Silwer
31.56
-0.5%
Brent-ruolie
83.10
+1.2%
Top-40
72,495
-0.1%
Alle aandele
78,883
-0.1%
Hulpbronne 10
62,636
-0.5%
Industriële 25
109,641
+0.1%
Finansiële 15
17,065
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek n maatjie
Hi ek n Christen en dit wat jy sien is dit wat jy kry. Is n boer in die vrystaat. Soek n dame wat hou van boer en perdry
Kom wees gelukkig saam met my!!!
Ek is 'n baie vriendelik mens en 'n ekstrovert, met 'n mooi hart en mooi eienskappe. Ek hou van lag en ding in die lewe geniet, as jy dit ook wil hê sal dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot