AFGRI
BEAN
28 Me
-
8349
44,00
CORN
28 Me
-
3399
48,00
SOYA
28 Me
-
9552
78,00
SUNS
28 Me
-
8865
62,00
WEAT
28 Me
-
6560
62,00
WMAZ
28 Me
-
5024
93,00
YMAZ
28 Me
-
4084
52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Me
-
148,52
1,37
Ave Wool - RWS
17 Me
-
165,78
1,77
Beeste A2/3
17 Me
-
55,18
-0,11
Beeste AB2/3
17 Me
-
53,13
0,24
Beeste B2/3
17 Me
-
46,93
1,33
Beeste C2/3
17 Me
-
43,76
0,54
Bevrore Hoender
17 Me
-
34,89
0,04
Bokkies (onder 30 kg)
17 Me
-
49,82
0,27
Bokooie
17 Me
-
37,41
-3,33
Feeder Lamb (Dual Purpose)
17 Me
-
40,42
-0,25
Groot (meer as 40 kg)
17 Me
-
39,82
-3,04
Hoender (IQF)
17 Me
-
30,81
1,22
Medium (30-40kg)
17 Me
-
46,36
2,45
Mohair
17 Me
-
392,62
0,00
Pork Average
17 Me
-
31,09
0,46
Poultry Average
17 Me
-
33,6
0,53
Sheep A2/3
17 Me
-
82,69
-1,46
Sheep AB2/3
17 Me
-
63,71
-0,90
Sheep B2/3
17 Me
-
53,18
0,41
Sheep C2/3
17 Me
-
54,92
-0,72
Spekvarke
17 Me
-
30,8
0,25
Varkwors
17 Me
-
23,99
-0,24
Vars Hoender
17 Me
-
35,1
0,32
Vleisvarke
17 Me
-
31,37
0,66
Weaners (200-250kg)
17 Me
-
32,15
0,19
Deel

Boer volhoubaar met toerusting van BHBW

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Omega-fynsaadplanter is ’n swaardiens-lugdrukplanter wat saad akkuraat uitmeet en plaas. Foto: Verskaf
Die Omega-fynsaadplanter is ’n swaardiens-lugdrukplanter wat saad akkuraat uitmeet en plaas. Foto: Verskaf
Met spesiale aanbiedinge, nuwe produkte en ’n paar ou bekendes is ’n besoek aan BHBW se standplaas (E37) op die Nampo-oesdag die moeite werd vir die boer wat op soek is na werktuie en toerusting van goeie gehalte. Hier is ’n voorsmakie.

Bednar-swaardienswerktuie help boere landwyd om produktiewer, winsgewender en sommer lekkerder te boer. Die goeie nuus is dat BHBW sy Bednar-reeks uitgebrei het met ’n nuwegenerasie-tandwerktuig en ’n fynsaadplanter wat ongeëwenaarde ontwerpvoordele bied.

Op Nampo kan besoekers met die BHBW-span gesels oor hierdie en ander Bednar-produkte, asook die jongste Geringhoff- en Crary-strooptegnologie, Yale-vurkhysers, nywerheidskoonmaaktoerusting van Hako en ’n volledige reeks egte en vervangingsonderdele.

Nuwe Bednar-werktuie

Bednar se veeldoelige Fenix FO Profi-grondbewerker is beskikbaar met werkwydtes van 4-7,9 m, en blink uit met vlak én diep bewerking (tot 35 cm). Dit het ’n swaardiensraam en vier rye hidroulies beskermde tande wat in ’n V-formasie gerangskik is om trekweerstand en kragvereistes te verminder.

Die parallelogram-ontwerp van die rollers sorg dat dieselfde druk oor die breedte van die werktuig toegepas en grondkontoere outomaties gevolg word. Daarby verseker Bednar se geïntegreerde agteras (een ry tande is agter die as geplaas) ’n eweredige gewigverspreiding sodat die Fenix deurentyd in ’n reguit lyn werk, ’n kleiner draaisirkel benodig en makliker vervoer word.

Bednar behaal wêreldwyd sukses met sy Omega-fynsaadplanters, en die eerste planter is nou ook in die Noord-Kaap verkoop. Dié lugdrukplanters se saad- en kunsmistenke, wat onder druk werk, sorg vir die akkurate uitmeet van saad en kan hoë volumes kunsmis hanteer.

Die skottels wat die bogrond losmaak, is in Bednar se stabiele X-Precise-patroon gerangskik sodat die planter die hele tyd presies agter die trekker loop, ook teen ’n hoë plantspoed. ’n Stel wielrollers maak die grond perfek gelyk nadat dit voorberei is. Die fynsaadkouters is in ’n parallelogrampatroon gemonteer sodat grondkontoere outomaties gevolg word vir presiese saadplasing op ’n eenvormige diepte.

Die groot nuus is dat BHBW alle boere wat van Februarie tot September vanjaar ’n Bednar- werktuig koop, nooi om dié vervaardiger volgende jaar in Tsjeggië te besoek.

Geringhoff

BHBW het in 2023 ’n rekordjaar vir die verkoop van Geringhoff-strooptafels behaal, ook danksy sy klem op naverkopediens. BHBW bemark en rugsteun sy Geringhoff-reeks landwyd met tegniese verteenwoordigers wat help verseker dat oestyd vlot verloop, en handhaaf ’n hoë beskikbaarheid van onderdele.

BHBW verskaf ’n volledige reeks Geringhoff-tafels – MS-mielieplukkerkoppe (vasteraam en opvoubaar) in elke moontlike rywydte met opsies soos sonneblom-kits; TruFlex-Draper-tafels vir sojabone en koring; en Sunlite-sonneblomtafels. ’n Tweejaar-waarborg geld vir alle nuwe Geringhoff-tafels.

Op Nampo word ’n 20 ry 30 vt.-opvoubare MS-plukkerkop vertoon en teen ’n spesiale prys aangebied. Daar sal ook ’n Truflex 35 vt.-Drapertafel op die standplaas te sien wees.

Crary

Die Crary-windstelsel vir kleingraan werk só goed dat dit in droë jare die moeite werd is om te oes. Dié stelsel lewer eweredige hoëspoed-lugvloei op die snylem van die strooptafel sodat meer materiaal ingevoer en graanverliese beperk word. Dit het reeds sy staal in Suid-Afrika gewys. In Noordwes getuig sojaboonboere byvoorbeeld van pitverlies van minstens 100-150 kg per hektaar wat voorkom is. Die Crary-windstelsel kan op tafels van alle bekende fabrikate gepas word. Die voordele van dié stelsel word op Nampo prakties gedemonstreer.

Onderdele

BHBW se sake-eenheid Temo Parts verskaf ’n uitgebreide reeks onderdele vir haas elke toepassing en fabrikaat op die mark. Onder die bekende handelsname wat deur Temo verteenwoordig word, tel Tee- Jet-spuitstukke en filters van Mann+Hummel.

Yale en Hako

Met Yale bied BHBW ’n vurkhyser vir elke moontlike behoefte en sak, waaronder elektriese modelle vir pakhuise en veeldoelige, kostedoeltreffende opsies wat ideaal vir plaaswerk is. Nuwe of gebruikte vurkhysers kan ook gehuur word.

BHBW verskaf nywerheidskoonmaaktoerusting van Hako in Duitsland. Verskeie outomatiese vloerwas- en veemasjiene is beskikbaar vir binne- én buitenshuise gebruik.

Navrae: 011 898 0000, web: www.bhbw.co.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Stem
Gaan jy Woensdag stem?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja
93% - 41 stemme
Nee
7% - 3 stemme
Stem
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+0.7%
Rand - Pond
23.40
+0.4%
Rand - Euro
19.88
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Platinum
1,057.00
-0.7%
Palladium
987.75
-0.6%
Goud
2,362.71
+0.4%
Silwer
32.15
+1.4%
Brent-ruolie
83.10
+1.2%
Top-40
72,228
-0.5%
Alle aandele
78,628
-0.4%
Hulpbronne 10
62,509
-0.7%
Industriële 25
109,048
-0.4%
Finansiële 15
17,057
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my vir ewig, maar nie Desperaat
Ek is n gemaklike mens, geen fiterjasies. Dood gemiddeld en lief om te lewe. Soek iemand om my lewe te deel. Ek is n gevoelsmens, hou van sport. Lief vir die see en visvang....
Kom ons kyk wat gebeur ...
Wat jy sien is wat jy kry. Ek leef my lewe voluit en is lief om te lag en goed te wees vir ander. Nuwe avonture en uitdagings. Ek is n gemaklike mens om mee oor die weg te kom...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot