"Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 13,392 miljoen ton gestel, wat 1,03% of 135 950 ton meer is as die vorige skatting van 13,256 miljoen ton," skryf die Oesskattingskomitee in 'n verklaring. "Die verwagte opbrengs van mielies is 5,08 t/ha. Die geskatte mielie-oes is 18,49% of 3,038 miljoen ton minder as die 2023-oes."
Klik hier om die volledige verklaring te lees.