AFGRI
BEAN
17 Me
-
8135
0,00
CORN
17 Me
-
3334
0,00
SOYA
17 Me
-
8716
0,00
SUNS
17 Me
-
8920
0,00
WEAT
17 Me
-
6413
0,00
WMAZ
17 Me
-
4928
0,00
YMAZ
17 Me
-
3964
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Apr
-
154,06
5,74
Ave Wool - RWS
26 Apr
-
171,85
5,64
Beeste A2/3
03 Me
-
54,92
0,06
Beeste AB2/3
03 Me
-
52,9
-0,17
Beeste B2/3
03 Me
-
44,86
-2,73
Beeste C2/3
03 Me
-
42,85
-0,75
Bevrore Hoender
03 Me
-
34,68
-0,21
Bokkies (onder 30 kg)
03 Me
-
49,43
-1,28
Bokooie
03 Me
-
43,46
1,40
Feeder Lamb (Dual Purpose)
03 Me
-
38,97
-1,24
Groot (meer as 40 kg)
03 Me
-
48,36
1,59
Hoender (IQF)
03 Me
-
31,05
0,04
Medium (30-40kg)
03 Me
-
44,37
-1,95
Mohair
16 Apr
-
401,17
0,00
Pork Average
03 Me
-
30,56
-0,11
Poultry Average
03 Me
-
33,57
-0,09
Sheep A2/3
03 Me
-
82
-1,00
Sheep AB2/3
03 Me
-
64,88
2,13
Sheep B2/3
03 Me
-
54,23
0,33
Sheep C2/3
03 Me
-
54,65
2,45
Spekvarke
03 Me
-
30,33
-0,06
Varkwors
03 Me
-
23,78
-0,95
Vars Hoender
03 Me
-
34,98
-0,12
Vleisvarke
03 Me
-
30,78
-0,17
Weaners (200-250kg)
03 Me
-
32,15
-0,29
Deel

Te veel reën kan katoen laat skade ly

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Volgens Katoen SA se maandverslag vir Maart is die geraamde aanplantings vir die 2023-’24-seisoen nou 16?176 ha teenoor die vorige seisoen se19 864 ha en die 17?835 ha wat in Januarie geraam is. Foto: Charl van Rooyen
Volgens Katoen SA se maandverslag vir Maart is die geraamde aanplantings vir die 2023-’24-seisoen nou 16?176 ha teenoor die vorige seisoen se19 864 ha en die 17?835 ha wat in Januarie geraam is. Foto: Charl van Rooyen
Hoewel produsente bly is oor die onlangse reën wat in die droë dele van die land geval het, kan aanhoudende reën laat in die groeiseisoen en tydens die plukstadium van katoen tot laer opbrengste, grade en gehalte lei.

Katoen – ’n wengewas op droëland wanneer die reën wegbly en ander gewasse verdor – kan ook kwesbaar wees as daar baie reën en bewolkte toestande tydens bolbars en in die plukstadium is.

Die blootstelling aan verskillende weer-elemente kan ook die graad van witheid nadelig beïnvloed en laer grade (grys katoen) tot gevolg hê.

Oor die onlangse reën sê dr. Annette Bennett, uitvoerende hoof van Katoen SA, dat produsente dit verwelkom, en ondanks moontlike laer gehalte kan ’n oes afgehaal word. “Vanuit hierdie oogpunt bly katoen jou uitstaande droëlandgewas maar jy kry optimale potensiaal onder besproeiingstoestande wanneer vog op die verkose tye toegedien word.”

Sy het in reaksie op die jongste oesskatting gesê vergeleke met ander somergewasse vaar katoen nog relatief goed in die droë dele en sy hoop boere daar besef opnuut die waarde van katoen. Dit is hoofsaaklik vanweë ’n diep wortelstelsel wat die plant help om vog dieper te gaan haal.

Afname in skatting

Volgens Katoen SA se maandverslag vir Maart is die geraamde aanplantings vir die 2023-’24-seisoen nou 16?176 ha teenoor die vorige seisoen se19 864 ha en die 17?835 ha wat in Januarie geraam is. In totaal aangeplant is 6?701 ha onder besproeiing en 9?475 ha op droëland. Die derde oesskatting vir die seisoen is nou 67 363 bale vesel teenoor verlede jaar se finale skatting in November van 80 225 bale.

Die derde skatting vir kleinskaalse produksie dui steeds op ’n totaal van 5 612 bale vesel, waarvan die meeste op die Makhathini-vlakte (3?966 bale), wat in 2024 geproduseer sal word. Daar word gewerk aan die uitbreiding van kleinskaalse produksie en ’n nuwe pluismeule vir die gebied word ná die volgende seisoen in die vooruitsig gestel om produksie aan te moedig.

Die regering beplan ook meer voorligtingsdienste, ook in ander areas soos Matlerekeng en Dennilton in Limpopo. Die mikpunt is om kleinskaalse produksie teen 2030 op sowat 20% van totale produksie te kry, teenoor 9% in hierdie stadium.

Wat winsgewendheid betref, het katoen steeds goeie ekonomiese potensiaal bo sommige ander gewasse onder beide droëland en besproeiingsomstandighede. Die New Yorkse aandelebeurs se prys, waarop Suid-Afrikaanse pryse gegrond word, was op 28 Maart op 83.91 Amerikaanse sent per pond (R35.14/kg). Die gemiddelde internasionale prys (Cotlook A-indeks) het die eerste week van April op 95,60 sent per pond gestaan.

Styging in pryse

Daar word verwag dat die wêreldprys effens in die 2024-’25-seisoen sal styg as gevolg daarvan dat die verbruik hoër as die produksie is. Indien die weersomstandighede ’n nadelige invloed op die oes gaan hê, kan dit ’n aansienlike verdere prysverhoging veroorsaak.

Volgens die markverslag was internasionale katoenverbruik die groot verrassing hierdie seisoen. Gegewe die swak ekonomiese omstandighede en ’n daling in verbruikersvertroue was die verwagting dat verbruik laag sou wees en dat produksie selfs aansienlik hoër as verbruik sou wees. Die verbruik is nou egter 80 000 ton meer as die produksie.

In die verslag word aangedui dat dit deels toegeskryf kan word aan ’n daling in inflasie in verskeie groot lande en meer stabiele internasionale markte wat verbruikersvertroue ’n hupstoot begin gee.

Indien dié neiging voortduur, kan dit groot voordeel vir die internasionale bedryf inhou. In hierdie stadium dui die voorspelling vir 2024-’25 ’n toename van 3% in aanplantings tot 32,85 miljoen ha wêreldwyd. Produksie sal na verwagting met 2,5% toeneem tot 25,22 miljoen ton, en verbruik met 2,9% tot 25,37 miljoen ton.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Stem
Landbou.com beplan ’n reeks oor besproeiing. Oor watter onderwerp(e) sal jy meer wil lees?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Energieverbruik en besparing (sonkrag, automatisering en ander planne)
35% - 33 stemme
Laevolumebesproeiing (drip- en mikrobesproeiing)
18% - 17 stemme
Filtrasie-oplossings
6% - 6 stemme
Kapitaal en finansies: Hoe laat ek somme klop?
17% - 16 stemme
Diefstalbekamping
12% - 11 stemme
Spuitpakkette, watertoediening en druppelverspreiding in spilpuntbesproeiing
8% - 8 stemme
Ander idees? Los enige tyd kommentaar
4% - 4 stemme
Stem
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.33
-0.8%
Rand - Pond
23.29
-0.0%
Rand - Euro
19.97
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Platinum
1,094.50
0.0%
Palladium
1,011.50
0.0%
Goud
2,414.25
-0.1%
Silwer
31.49
+0.1%
Brent-ruolie
83.98
+0.9%
Top-40
73,214
0.0%
Alle aandele
79,531
+0.0%
Hulpbronne 10
63,559
+2.2%
Industriële 25
110,578
-1.0%
Finansiële 15
17,183
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Eerlik en opreg
Ek is eerlik en opreg. Ek hou van liefde, drukkies en soentjies gee, by die huis of in die publiek. Ek hou ook daarvan om om te gee en respek vir mekaar. Ek het ń sin...
Daar is net een van my!
Hou baie van kos maak. Mal oor my familie. Baie belangrik vir my om te lag en my lewe te geniet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot