“Vervaardigers van spuittoerusting beveel maklik ’n spoed van tot 20 km/h aan. Die vervaardigers van spuitpunte vertel egter ’n ander storie,” skryf Sakkie Koster, ’n akkerbou-raadgewer, in Graan SA se tydskrif.
Volgens spuitpuntvervaardigers moet chemikalieë teen maksimumsnelhede van 6 km/h tot 8 km/h toegedien word, of tot 10 km/h wanneer luginduksiepunte gebruik word. Hulle waarsku ook dat snelheid verminder moet word indien die wind sterker waai.
“Spuitpunte word dus ontwikkel om ’n sekere watervolume teen ’n spesifieke druk en spoed te lewer om die vereiste druppels per vierkante sentimeter te lewer.”