AFGRI
BEAN
11 Jun
-
8002
-13,00
CORN
11 Jun
-
3505,8
-2,20
SOYA
11 Jun
-
9090
38,00
SUNS
11 Jun
-
9115
-42,00
WEAT
11 Jun
-
6519,6
-87,40
WMAZ
11 Jun
-
5024
21,00
YMAZ
11 Jun
-
4045,8
-13,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
31 Me
-
149,05
-4,00
Ave Wool - RWS
31 Me
-
165,8
-4,25
Beeste A2/3
31 Me
-
55,55
0,37
Beeste AB2/3
31 Me
-
53,56
-0,39
Beeste B2/3
31 Me
-
47,08
-1,31
Beeste C2/3
31 Me
-
43,76
-0,17
Bevrore Hoender
31 Me
-
34,47
0,15
Bokkies (onder 30 kg)
31 Me
-
49,44
0,24
Bokooie
31 Me
-
39,48
-0,17
Feeder Lamb (Dual Purpose)
31 Me
-
40,87
0,32
Groot (meer as 40 kg)
31 Me
-
47,75
-0,55
Hoender (IQF)
31 Me
-
29,4
0,32
Medium (30-40kg)
31 Me
-
40,69
-0,08
Mohair
17 Me
-
392,62
8,41
Pork Average
31 Me
-
30,64
-0,10
Poultry Average
31 Me
-
32,76
0,37
Sheep A2/3
31 Me
-
84,64
-0,83
Sheep AB2/3
31 Me
-
65,01
0,23
Sheep B2/3
31 Me
-
59,02
2,00
Sheep C2/3
31 Me
-
57,05
-0,81
Spekvarke
31 Me
-
30,43
0,04
Varkwors
31 Me
-
23,91
-0,37
Vars Hoender
31 Me
-
34,41
0,64
Vleisvarke
31 Me
-
30,85
-0,24
Weaners (200-250kg)
31 Me
-
31,88
0,28
Deel

Minder katoen aangeplant as beplan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sommige gebiede in die land moes katoen vanjaar droogte en hoë temperature oorgeplant word. Foto ter illustrasie: Jasper Raats
Sommige gebiede in die land moes katoen vanjaar droogte en hoë temperature oorgeplant word. Foto ter illustrasie: Jasper Raats
Planne om die katoenbedryf vanjaar ’n hupstoot te gee met groter aanplantings, is in die wiele gery deur reën wat aan die begin van die seisoen weggebly het.

Die grootste probleem vir die 2024-seisoen was die beskikbare grondvog om betyds te kon plant in veral droëlanddele van Noordwes en Limpopo. In sommige gebiede moes daar weens droogte en hoë temperature oorgeplant word, en in ander dele kon daar nie geplant word nie.

Volgens Katoen SA se maandverslag vir Januarie is altesaam 17 838 ha vir die 2024-seisoen aangeplant, waarvan 6 896 ha onder besproeiiing is en 10 942 ha op droëland. Verlede jaar se totaal was 19 864 ha, waarvan 6 308 onder besproeiing was en 13 556 ha op droëland.  

Die eerste oesskatting vir die nuwe seisoen is 68 423 bale vesel teenoor verlede jaar se finale skatting in November van 80 225 bale.

Dr. Annette Bennett, uitvoerende hoof van Katoen SA, sê goeie reën in die meeste gebiede sedert begin Januarie bring nuwe hoop vir die bedryf. “Die kwessie aan die einde van 2023 was om droëlandkatoen gevestig te kry, maar nou moet produsente daarop konsentreer om optimale veselgehalte te behaal.

“Ten spyte hiervan bly katoen ’n voorkeurgewas vir produksie onder droëlandtoestande. Wat winsgewendheid betref, het katoen goeie ekonomiese potensiaal onder droëland- én besproeiingsproduksie. Daar is egter steeds knelpunte weens die intensiteit waarmee katoen bestuur moet word, veral met droëlandproduksie, finansieringskwessies om inset- en plukkerkoste te dek, en ’n gebrek aan nuwe variëteite.”

Nuwe ontwikkelings

Nuwe ontwikkelings met betrekking tot die ontstaan van pluismeulens op die Sprinkgbokvlakte en in die Makopane- en Ubongwa-gebied, asook verdere moontlike ontwikkelings in die Nkomazi-gebied, kan kleinboere en kommersiële produksie volgens haar ’n hupstoot gee. Die bedryf glo met al die nuwe ontwikkelings sal produksie in die 2025-seisoen toeneem.

Die eerste skatting vir kleinskaalse produksie vir 2024 dui op ’n totaal van 3 966 bale vesel op die Mkahathini-vlakte, 1 849 bale in Mpumalanga, 11 bale by Rust de Winter en net 454 bale in Limpopo weens die laat reën. Die mikpunt volgens die meesterplan vir landbou en landbouverwerking is dat  kleinskaalse produksie teen 2030 sowat 20% van die algehele produksie moet wees. In hierdie stadium is dit slegs sowat 9,2%.

In teenstelling met ander katoenproduserende lande waar regerings miljarde rande opdok om alle produsente geldelik te ondersteun, dra die Suid-Afrikaanse regering net sowat R21,9 miljoen by om kleinskaalse produksie in Limpopo, KwaZulu-Natal en Mpumalanga te ondersteun.

Die geld word deur Katoen SA aan verskaffers betaal vir saad, onkruiddoders, kunsmis, herstelwerk aan toerusting en vaardigingsontwikkeling vir kleinboere.

Wat gemiddelde internasionale katoenpryse (Cotlook A-indeks) betref, het dit die eerste week van Januarie op 91,25 Amerikaanse sent per pond gestaan, en die New Yorkse aandelebeurs se prys op 79, 21 sent per pond (R32,82/kg). 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Stem
Het die winter al by julle aangebreek?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Definitief, in volle swang
55% - 17 stemme
Die koue bly nog weg
6% - 2 stemme
Dit raak nou eers koud
39% - 12 stemme
Stem
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.68
+0.9%
Rand - Pond
23.75
+1.1%
Rand - Euro
20.03
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Platinum
956.47
-2.1%
Palladium
894.26
-0.3%
Goud
2,315.47
+0.2%
Silwer
29.20
-1.9%
Brent-ruolie
81.63
+2.5%
Top-40
69,794
-0.2%
Alle aandele
76,090
-0.1%
Hulpbronne 10
57,639
-1.6%
Industriële 25
107,466
-0.3%
Finansiële 15
16,758
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Stil en vriendlik, opsoek na geselskap en vriendskap.
Ek vind dit vreemd om van myself te praat, of te beskryf. Ek geniet intelektueel stimulerende dinge, goed wat mens so bietjie uitdaag. Ek geniet rekenaars en films kyk. Ek hou...
Kom wees gelukkig saam met my!!!
Ek is 'n baie vriendelik mens en 'n ekstrovert, met 'n mooi hart en mooi eienskappe. Ek hou van lag en ding in die lewe geniet, as jy dit ook wil hê sal dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot