AFGRI
BEAN
28 Me
-
8349
44,00
CORN
28 Me
-
3399
48,00
SOYA
28 Me
-
9552
78,00
SUNS
28 Me
-
8865
62,00
WEAT
28 Me
-
6560
62,00
WMAZ
28 Me
-
5024
93,00
YMAZ
28 Me
-
4084
52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Me
-
148,52
1,37
Ave Wool - RWS
17 Me
-
165,78
1,77
Beeste A2/3
17 Me
-
55,18
-0,11
Beeste AB2/3
17 Me
-
53,13
0,24
Beeste B2/3
17 Me
-
46,93
1,33
Beeste C2/3
17 Me
-
43,76
0,54
Bevrore Hoender
17 Me
-
34,89
0,04
Bokkies (onder 30 kg)
17 Me
-
49,82
0,27
Bokooie
17 Me
-
37,41
-3,33
Feeder Lamb (Dual Purpose)
17 Me
-
40,42
-0,25
Groot (meer as 40 kg)
17 Me
-
39,82
-3,04
Hoender (IQF)
17 Me
-
30,81
1,22
Medium (30-40kg)
17 Me
-
46,36
2,45
Mohair
17 Me
-
392,62
0,00
Pork Average
17 Me
-
31,09
0,46
Poultry Average
17 Me
-
33,6
0,53
Sheep A2/3
17 Me
-
82,69
-1,46
Sheep AB2/3
17 Me
-
63,71
-0,90
Sheep B2/3
17 Me
-
53,18
0,41
Sheep C2/3
17 Me
-
54,92
-0,72
Spekvarke
17 Me
-
30,8
0,25
Varkwors
17 Me
-
23,99
-0,24
Vars Hoender
17 Me
-
35,1
0,32
Vleisvarke
17 Me
-
31,37
0,66
Weaners (200-250kg)
17 Me
-
32,15
0,19
Deel

KYK | Top-Bonsmara-bul op Poggenpoel-veiling beskikbaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Een van die top bulle wat op die produksieveiling van die Poggenpoel Molopo-Bonsmara-stoetery beskikbaar gaan wees is BBM 17-245 (lot 8). Dié bul is een van die laaste BBM 13-21-seuns wat met groot sukses in die kudde gebruik is.
Een van die top bulle wat op die produksieveiling van die Poggenpoel Molopo-Bonsmara-stoetery beskikbaar gaan wees is BBM 17-245 (lot 8). Dié bul is een van die laaste BBM 13-21-seuns wat met groot sukses in die kudde gebruik is.
Met ’n bewese bloedlyn en uitstekende syfers gaan die Bonsmara-bul BBM 17-245 groot belangstelling lok op die Poggenpoel Molopo-produksieveiling.

Die Poggenpoel Molopo-Bonsmara-stoetery hou op 28 Mei om 11:00 sy jaarlikse produksieveiling by die Noord-Kaap Lewendehawe-veilingslokaal op Stella in die Noordwes. Altesaam 100 bulle, 15 uitsoek-stoetkoeie en 200 kommersiële diere in alle produksiestadiums gaan beskikbaar wees.

Kobus Poggenpoel en sy seuns, Kobus jr. en Phillip, stel jaarliks top-teelmateriaal aan die mark beskikbaar en vanjaar is geen uitsondering nie. Een hiervan is BBM 17-245 (lot 8). Dié bul is een van die laaste BBM 13-21-seuns wat met groot sukses in die kudde gebruik is. BBM 13-21 het verskeie topdiere, manlik én vroulik, in verskillende kuddes reg oor die land geteel. BBM 13-21 se nageslag is bekend daarvoor dat hulle baie breed en diep is, en mooi vleis dra. Daar is reeds 54 kalwers van BBM 17-245 aangeteken en die Poggenpoels verwag nog ’n verdere 50 en meer. Die gemiddelde geboortegewig op sy kalwers is 32 kg en die gemiddelde gekorrigeerde 205 dae-gewig is 321 kg. Die gemiddelde keuringspunt op al sy kalwers wat al gekeur is, is agt, wat dui op ’n besonderse erfdwang.

Aan moederskant stam hy uit BBM 03-26, wat die koei met die grootste invloed in die Poggenpoels se kudde is. Sy moeder, BBM 14-75, spog self met ’n gemiddelde keuringspunt van agt oor al sewe haar kalwers met ’n 100% goedkeuring. Haar kalwers se gemiddelde speengewig is 290 kg, met ’n gemiddelde speengewigverhouding van 71%. Sy is ’n baie vroulike, vrugbare koei met ’n TKP van 399.

BBM 17-245 is bottelglad van haar met ’n lang stert. Hy beweeg gemaklik met ’n wakker houding en besondere goeie kloue en bene. Verder is die bul donker van kleur met baie mooi gevormde testes en byna die perfekte skede. BBM 17-245 het ook ’n uitstekende balans tussen goeie vleiseienskappe en goeie bespiering en manlikheid. Wat sy syfers betref, het hy ’n speen direk van 116, ná speen van 114 en ’n vrugbaarheidswaarde van 124, wat weereens ’n bewys is van hoogs produserende diere in die lyn.

“Hierdie is voorwaar ’n bul wat ons aanbeveel vir enige ander kudde en ons glo hy sal ’n groot bydrae kan maak waar hy ook al gaan,” sê Kobus.

Kyk gerus uit vir seuns van BBM 17-245 op die veiling: lotte 6, 9, 12,37 en 39.

Navrae: Kobus Poggenpoel sr. 082 946 9677; Phillip Poggenpoel 082 944 4561; of Kobus Poggenpoel jr. 082 350 6231 of e-pos: poggenpoelkobus@gmail.com

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Stem
Gaan jy Woensdag stem?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja
94% - 44 stemme
Nee
6% - 3 stemme
Stem
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+0.5%
Rand - Pond
23.33
+0.5%
Rand - Euro
19.85
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.16
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Platinum
1,063.75
-0.1%
Palladium
984.52
-1.0%
Goud
2,360.06
+0.3%
Silwer
32.10
+1.2%
Brent-ruolie
83.10
+1.2%
Top-40
72,190
-0.5%
Alle aandele
78,576
-0.4%
Hulpbronne 10
62,231
-1.2%
Industriële 25
109,056
-0.4%
Finansiële 15
17,095
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Eerlik en opreg
Ek is eerlik en opreg. Ek hou van liefde, drukkies en soentjies gee, by die huis of in die publiek. Ek hou ook daarvan om om te gee en respek vir mekaar. Ek het ń sin...
Romantic at heart
In n neutedop * goeie sin vir humor * natuurmens * hou van kuier en lekker lag * ek maak die vuur, jy hoef nie😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot