AFGRI
BEAN
02 Me
-
8132,2
-64,80
CORN
02 Me
-
3349
39,00
SOYA
02 Me
-
8372
-59,00
SUNS
02 Me
-
8945,2
-118,80
WEAT
02 Me
-
6290
15,00
WMAZ
02 Me
-
5060
-174,00
YMAZ
02 Me
-
4279,8
-74,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
12 Apr
-
147,35
-6,71
Ave Wool - RWS
12 Apr
-
165,25
-6,60
Beeste A2/3
19 Apr
-
55,51
0,78
Beeste AB2/3
19 Apr
-
52,63
1,12
Beeste B2/3
19 Apr
-
45,81
2,26
Beeste C2/3
19 Apr
-
43,75
0,72
Bevrore Hoender
19 Apr
-
35,12
-0,13
Bokkies (onder 30 kg)
19 Apr
-
45,19
-4,17
Bokooie
19 Apr
-
41,81
-2,74
Feeder Lamb (Dual Purpose)
19 Apr
-
38,03
0,38
Groot (meer as 40 kg)
19 Apr
-
41,21
-7,53
Hoender (IQF)
19 Apr
-
31,27
-0,35
Medium (30-40kg)
19 Apr
-
42,92
-3,29
Mohair
28 Mrt
-
403,04
1,87
Pork Average
19 Apr
-
31,31
0,00
Poultry Average
19 Apr
-
33,88
-0,18
Sheep A2/3
19 Apr
-
83,92
0,94
Sheep AB2/3
19 Apr
-
64,23
-11,24
Sheep B2/3
19 Apr
-
55,6
0,50
Sheep C2/3
19 Apr
-
57,31
1,80
Spekvarke
19 Apr
-
30,95
0,53
Varkwors
19 Apr
-
24,66
0,88
Vars Hoender
19 Apr
-
35,24
-0,08
Vleisvarke
19 Apr
-
31,66
0,80
Weaners (200-250kg)
19 Apr
-
31,83
-0,40
Deel

Vloede in Doebai: Klimaatsverandering of wolkstimulasie?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Voertuie staan in die water na swaar reën oor Doebai uitgesak het. Foto: X (voorheen Twitter)
Voertuie staan in die water na swaar reën oor Doebai uitgesak het. Foto: X (voorheen Twitter)
Meer as 250 mm is op 16 en 17 April oor dele van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gemeet, met vloede wat wyd oor dié woestynagtige gebied voorgekom het.

Altesaam 254 mm reën is binne ’n 24 uur-tydperk in die stad Al Ain, ’n stad teen die VAE se grens met Oman, gemeet. Dit was die meeste reën vir ’n dag wat sedert 1949 gemeet is, berig Reuters. Swaar neerslae het ook in Oman en Iran voorgekom.

Doebai se gemiddelde jaarlikse reënval is sowat 140 mm. “Om dit in perspektief te stel is dié gemiddelde van Doebai minder as Upington in die Noord-Kaap se jaarlikse gemiddelde reënval van 180 mm,” sê Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Die reënval van 16 en 17 April was dus dubbeld Doebai se jaarlikse gemiddelde reënval.”

Swak dreinering?

Van den Berg sê in die tweede week van Maart het reën van tot 50 mm op plekke ook vloede in Doebai veroorsaak. “As daar na die topografie van die gebied gekyk word, is Doebai baie naby aan seevlak en die omgewing baie gelyk. Dit veroorsaak dat dreinering baie stadig plaasvind.

“Die gebied se dreineringstelsels is ook swak ontwikkel omdat daar onder normale omstandighede baie min reën voorkom. Dieselfde het so ’n paar jaar gelede in Kaïro in Egipte gebeur toe ’n vinnige reënbui van minder as 30 mm groot dele van die stad laat oorstroom het omdat dreineringstelsels daar byna nie bestaan nie as gevolg van die baie droë toestande wat normaalweg daar heers.”

Van den Berg sê die groot hoeveelheid reën wat vandeesweek oor ’n kort tydperk oor Doebai voorgekom het, sou wel selfs in gebiede met taamlik goeie dreinering vloede van ’n ernstige omvang veroorsaak het.

Wolkstimulasie of klimaatsverandering?

Ná Dinsdag se gebeure is wyd gespekuleer of die swaar reën veroorsaak is deur wolkstimulasie, oftewel cloud seeding, wat in die VAE gebruik word om reënval in dié woestynagtige klimaat te stimuleer. Die proses behels dat chemikalieë in wolke ingeplant word om reënval te stimuleer. Die VAE is een van die leiers van dié tegniek.

Die VAE se meteorologiese agentskap het aan Reuters bevestig dat geen sulke stappe gedoen is voor die storm nie en dat dit dus nie die rede vir die swaar neerslae kon wees nie. Kenners sê die swaar neerslae is veroorsaak deur ’n normale weerstelsel wat deur klimaatsverandering vererger is. ’n Laagdrukstelsel in die boonste atmosfeer en ’n laagdrukstelsel op die oppervlak het druk op die lug uitgeoefen en dit het tot die neerslae gelei het, sê Esraa Alnaqbi, senior weervoorspeller by die VAE regering se nasionale sentrum vir meteorologie

Van den Berg stem saam dat aardverwarming die waarskynlikste oorsaak was met oseane wat warmer word, die warmer aardoppervlakte, maar veral ook die warmer atmosfeer, wat veroorsaak dat daar meer vog in die atmosfeer gehou kan word voordat dit as reën voorkom. “Indien kouer toestande dan voorkom, veroorsaak dit dat die oormaat vog kondenseer, druppels vorm en swaar reën veroorsaak.”

“Net soos wat die geval in Suid-Afrika was die afgelope weke met swaar reën plek-plek, het dieselfde in die VAE en omgewing gebeur toe ’n sterk laagdrukstelsel in die bolug ontwikkel het om ’n afsnylaagdrukstelsel te vorm. Dus het die baie vog vanweë ’n warmer atmosfeer in die lae nader aan die aarde en dan die laagdruk wat tot in die kouer bolug gevorm het, die swaar reën veroorsaak. Dit word gewoonlik versterk wanneer kouer lug, soos ’n kouefront, oor die gebied beweeg en kondensasie aanhelp.”

Dié gebeur is volgens Van den Berg direk gekoppel aan klimaatsverandering waar “normale” weerpatrone deur aardverwarming gestimuleer word om rampafmetings aan te neem. “Die voorkoms van hierdie soort stelsels gaan wêreldwyd al meer gereeld voorkom.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Stem
Landbou.com beplan ’n reeks oor besproeiing. Oor watter onderwerp(e) sal jy meer wil lees?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Energieverbruik en besparing (sonkrag, automatisering en ander planne)
33% - 24 stemme
Laevolumebesproeiing (drip- en mikrobesproeiing)
22% - 16 stemme
Filtrasie-oplossings
8% - 6 stemme
Kapitaal en finansies: Hoe laat ek somme klop?
17% - 12 stemme
Diefstalbekamping
13% - 9 stemme
Spuitpakkette, watertoediening en druppelverspreiding in spilpuntbesproeiing
6% - 4 stemme
Ander idees? Los enige tyd kommentaar
1% - 1 stemme
Stem
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
+0.2%
Rand - Pond
23.27
+0.2%
Rand - Euro
19.91
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.19
-0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.0%
Platinum
958.60
-0.4%
Palladium
937.50
-1.8%
Goud
2,301.23
-0.8%
Silwer
26.63
-0.0%
Brent-ruolie
83.44
-3.5%
Top-40
69,944
+0.0%
Alle aandele
76,047
-0.0%
Hulpbronne 10
60,380
-1.5%
Industriële 25
105,857
+0.8%
Finansiële 15
16,588
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy Go Lucky type of guy
Ek is jonk van gees, hou van die buite lewe, sport, familie rn baie belangrik om die vrou in mh lewe baie spesiaal te laat voel. Ek is mens en ver van volmaak en soek iemand...
Waar oneindig en onvoorwaardelik begin
I am not one in a million kind of girl. I'm a once in a lifetime kind of womam.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot