Globale verwarming is besig om werklike, voelbare afmetings aan te neem. Alhoewel ’n El Niño-stelsel die afgelope somer voorgekom het en El Niño-verskynsels bekend daarvoor is dat hoër temperature dan kan voorkom, het globale verwarming vanjaar ’n bykomende rol gespeel.
“Dit kan gesien word as die twee baie soortgelyke El Niño-seisoene van die 2015-’16- en 2023-’24-seisoen se temperature vergelyk word,” sê Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.
Veranderinge duidelik