AFGRI
BEAN
17 Me
-
8251,4
116,40
CORN
17 Me
-
3310,2
-23,80
SOYA
17 Me
-
8930
56,00
SUNS
17 Me
-
9000
80,00
WEAT
17 Me
-
6481
53,00
WMAZ
17 Me
-
4881
-71,00
YMAZ
17 Me
-
4132
-35,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Apr
-
154,06
5,74
Ave Wool - RWS
26 Apr
-
171,85
5,64
Beeste A2/3
03 Me
-
54,92
0,06
Beeste AB2/3
03 Me
-
52,9
-0,17
Beeste B2/3
03 Me
-
44,86
-2,73
Beeste C2/3
03 Me
-
42,85
-0,75
Bevrore Hoender
03 Me
-
34,68
-0,21
Bokkies (onder 30 kg)
03 Me
-
49,43
-1,28
Bokooie
03 Me
-
43,46
1,40
Feeder Lamb (Dual Purpose)
03 Me
-
38,97
-1,24
Groot (meer as 40 kg)
03 Me
-
48,36
1,59
Hoender (IQF)
03 Me
-
31,05
0,04
Medium (30-40kg)
03 Me
-
44,37
-1,95
Mohair
16 Apr
-
401,17
0,00
Pork Average
03 Me
-
30,56
-0,11
Poultry Average
03 Me
-
33,57
-0,09
Sheep A2/3
03 Me
-
82
-1,00
Sheep AB2/3
03 Me
-
64,88
2,13
Sheep B2/3
03 Me
-
54,23
0,33
Sheep C2/3
03 Me
-
54,65
2,45
Spekvarke
03 Me
-
30,33
-0,06
Varkwors
03 Me
-
23,78
-0,95
Vars Hoender
03 Me
-
34,98
-0,12
Vleisvarke
03 Me
-
30,78
-0,17
Weaners (200-250kg)
03 Me
-
32,15
-0,29
Deel

Die belangrikheid van ná-oes-bemesting by permanente gewasse

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vir baie gewasse kan ná-oes-bemesting ’n belangrike rol speel ten opsigte van die volgende seisoen se prestasies. In baie boomgewasse is dit een van die beste tye van die seisoen vir die opname van stikstof en kalium.

Bome is steeds aktief, en die wortels en blare absorbeer geredelik toegediende voedingselemente. Hierdie essensiële elemente word as reserwes vir gebruik gedurende die volgende groeiseisoen gestoor.

Herfstoedienings is meer doeltreffend aangesien bome steeds aktief voedingstowwe opneem; koue en nat toestande in die lente kan rusverbreking vertraag, en kunsmis wat in die lente toegedien word, kan aan sekere verliese onderwerp wees. 

Ná die oes herstel bome en wingerde van stres, en daarom bereik ná-oes-bemesting verskeie doelwitte deur onder meer die vervanging van voedingselemente wat deur die oes verwyder is. Kunsmis wat in die herfs toegedien is, beïnvloed nie boom-groeikragtigheid nie. Wat toegedien word, is dus beskikbaar en in boomreserwes opgeneem. Dit dien as 'n sleutel tot sukses vir vroeë variëteite en vir situasies wanneer die lente opdaag.

Vereistes vir makro- en mikro-elemente wissel na gelang van die gewas. Sommige belangrike elemente vir herfskompleksbemestings word hieronder gelys:

· Boor is belangrik vir blom en vrugset. Dit is betrokke by die beweging van kalsium in die floeëmvate en is belangrik om selwandstrukture te verbeter en te versterk. Dit help ook vir gesonde stuifmeelpakkies en -buisies.

· Sink is nodig vir blom en vrugset. Dit is betrokke by selontwikkeling in die vrug en in blare, en help ook met die vermoë om ouksiene te sintetiseer vir seldeling vir eenvormige vrugset, retensie en grootte.

· Magnesium word benodig vir fotosintese aangesien dit ’n belangrike komponent van chlorofil is. Dit vorm die kern van ’n chlorofil-molekule-kompleks en is baie belangrik vir goeie fotosintese. Dit dra by tot voldoende reserwe-proteïenopbouing tydens die winter.

· Kalsium dra by tot vrug-fermheid en selwandstruktuur. Dit is 'n belangrike komponent van pektien. Kalsium is ook baie belangrik vir goeie seldeling en dra by tot goeie wortelreserwe-ontwikkeling en is ook baie belangrik vir die ontwikkeling van haarwortelpunte vir die effektiewe opname van die vernaamste mikro-elemente.

· Stikstof verhoog opbrengs en proteïen-sintese. Ná bot word vegetatiewe groei deur gestoorde stikstof, in die vorm van aminosure, aangedryf.

· Fosfor is baie belangrik vir die vorming van ATP (adenosientrifosfaat). ATP is die draer van energie in die boom of wingerd, en dra grootliks tot die opbouing van reserwes by.

· Kalium het 'n groot effek op selvergroting in wortels. Dit skep stoorplek vir die elemente wat benodig word vir die nuwe seisoen en dus in die herfs van die vorige seisoen opgeneem en gestoor moet word.

Ter afsluiting kan genoem word dat herfsbemestings oorweeg behoort te word, veral as die seisoen koeler en natter begin en nuwe blomontwikkeling vroeg gedurende die seisoen plaasvind. Verder kan dit gedoen word om ook wanbalanse tussen elemente in die seisoen te voorkom, en om die opname van tydsame elementbeskikbaarheid te verseker.

Saamgestel deur Godfrey Hartman, senior landboukundige by Kynoch Kunsmis (Limpopo en Botswana). Hy kan gekontak word by 0828726050 of godfrey.hartman@kynoch.co.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Stem
Landbou.com beplan ’n reeks oor besproeiing. Oor watter onderwerp(e) sal jy meer wil lees?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Energieverbruik en besparing (sonkrag, automatisering en ander planne)
35% - 32 stemme
Laevolumebesproeiing (drip- en mikrobesproeiing)
18% - 17 stemme
Filtrasie-oplossings
7% - 6 stemme
Kapitaal en finansies: Hoe laat ek somme klop?
16% - 15 stemme
Diefstalbekamping
11% - 10 stemme
Spuitpakkette, watertoediening en druppelverspreiding in spilpuntbesproeiing
9% - 8 stemme
Ander idees? Los enige tyd kommentaar
4% - 4 stemme
Stem
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.29
-0.5%
Rand - Pond
23.13
-0.3%
Rand - Euro
19.82
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.16
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Platinum
1,058.13
-0.5%
Palladium
983.35
-0.9%
Goud
2,386.97
+0.5%
Silwer
29.70
+0.4%
Brent-ruolie
83.27
+0.6%
Top-40
72,814
-0.6%
Alle aandele
79,111
-0.5%
Hulpbronne 10
61,862
-0.4%
Industriële 25
110,928
-0.7%
Finansiële 15
17,169
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewe vir elke oomblik
Ek glo dat elke mens verdien om gelukkig te wees, ek is net op soek na my mens. ek glo nie dit is te veel gevra nie
Ek is besig om te skryf aan my nuwe hoofstuk....opsoek na mede hoofkarakter in my outobiografie
Ek is 'n hopeless romantic wat nogsteeds glo in happy endings. Die 90's tipe verhoudings laat my hart warm klop. Ek is fun loving, passievol, intens en die kleiner...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot