Vrugbaarheid het geen gelyke as dit by beesboerdery kom nie. Daarom spreek dit boekdele dat dieselfde koei uit ’n Braunvieh-stoetery vir die tweede keer in drie jaar as die ras se verteenwoordiger in Landbouweekblad en SA Stamboek se Elitekoeikompetisie bekroon is.
Dié Elitekoei, N 12-0029, was ook in 2022 die rasverteenwoordiger. Sy behoort aan André en Annemarie Reitsma, eienaars van JC Braunvieh.
Sy is deur die Eduan Braunvieh-stoetery van Gawie en Willem Naudé van Barkly-Oos geteel. André het haar op Eduan se produksieveiling gekoop.