Share

Gesonde dieet benadeel ekonomie

Volgens ’n nuwe studie mag ’n gesonde dieet dalk goed vir jou wees, maar kan dalk heel toevallig ’n verslankende uitwerking op die ekonomieë van party ontwikkelende lande hê.

Britse navorsers het ’n model opgestel van wat kan gebeur as mense in Brittanje en Brasilië ’n gesonder dieet, soos deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie aanbeveel, sou volg en meer vrugte en groente en minder vleis en suiwelprodukte eet.

In Brittanje het deskundiges geskat dat die regstelling van die land se slegte eetgewoontes die vroegtydige dood van byna 70 000 mense, as gevolg van dieetverwante probleme soos hartsiektes en kanker, sou verhoed. Dit sou ook teoreties die land se gesondheidstelsel 20 miljard pond per jaar spaar. 

In Brasilië is die voorkoms van siektes wat aan ’n swak dieet gekoppel kan word nie so hoog soos in Brittanje nie. Brasiliërs sou dus redelik min gesondheidsvoordele kry en hulle ekonomie kan dalk miljoene verloor.

Die studie

Die studie is deur die London School of Hygiene and Tropical Medicine gefinansier en is aanlyn in die mediese joernaal Lancet gepubliseer.

"Ons stel nie voor dat mense nié ’n gesonde dieet volg nie,” sê Richard Smith, ’n professor van gesondheidstelsel-ekonomie aan die London School of Hygiene and Tropical Medicine. "Ons probeer net om te demonstreer dat gesonder eetgewoontes onvoorsiene nagevolge kan hê.”

Smith en sy kollegas meen dat besluite in Brasilië en Westerse lande om ’n meer vegetariese dieet te volg, die vleis-afhanklike Brasiliaanse ekonomie 1,388 miljoen ($815 miljoen) kan kos.

"In ’n ideale wêreld sou ons almal ’n perfekte dieet volg,” sê Smith. “Maar dit is natuurlik ook wenslik dat almal werk het.”

Smith sê dat amptenare voedingsriglyne versigtiger moet oorweeg. Vir lande soos Brasilië, wat in ’n groot mate van vleisuitvoere na die Weste en Japan afhanklik is, kan sulke voedingsadvies moontlik verwoestend wees. 

Toenemende vraag na vleis

"Daar is egter dinge wat tans in die res van die wêreld aan die gebeur is wat hierdie model buite rekening gelaat het,” sê Julian Morris, uitvoerende direkteur van International Policy Network, ’n Londen-gebaseerde dinkskrum. “Die toenemende aanvraag vir vleis in Asië is beduidend en skynbaar standhoudend, en kan die verminderde aanvraag in ontwikkelde lande teëwerk.”

Morris het ook die aanname betwis dat aanbevelings oor gesonde eetgewoontes werklik dít wat mense vir aandete eet, sal verander.

"As jy regtig ’n dramatiese verandering in die verbruik van vleis en suiwelprodukte wil hê, het jy ’n radikale beleid soos ’n belasting of kwotastelsel nodig,” sê hy.

Mag miskien eendag van hulp wees

Robert Beaglehole, 'n emeritus professor aan die Universiteit van Auckland, wat nie aan die studie gekoppel is nie, sê wetenskaplike ontwikkelinge kan eendag dalk van hulp wees.

"Die antwoord kan wees om gesonder beeste en varke te teel," sê hy en voeg by dat meer navorsing nodig is oor die vraag of bykomende strategieë nodig is om te verseker dat gesonde riglyne oor eetgewoontes nie dalk per ongeluk ontwikkelende ekonomieë kan skaad nie.

Smith sê deskundiges moet nie net aanvaar dat voedingsadvies, selfs wanneer dit gevolg word, outomaties mense se gesondheid sal verbeter nie

"Mense kan aangesê word om minder vleis te koop, en miskien sal hulle in plaas daarvan piesangs koop," sê hy. "Maar hulle kan natuurlik ook meer bier en wyn gaan koop.” (AP, Health24, November 2010)

Lees verder:

Geen Dieet-dag
Wanneer jy op ’n dieet is, hou jou vitamien-inname dop
Allergie of intoleransie: watter een is dit?

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE