Deel

Nuwe aftreelandgoed verwelkom eerste intrekkers

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Een van die verskillende huise wat by Bergvallei Aftreelandgoed beskikbaar is.
Een van die verskillende huise wat by Bergvallei Aftreelandgoed beskikbaar is.
Bergvallei Aftreeoord


Groot opgewondenheid heers by die nuwe Bergvallei Aftreelandgoed in Montana, in die noord-ooste van Pretoria. Die eerste inwoners het pas by dié veertiende aftreelandgoed deur Central Developments ingetrek en die leefstylsentrum is in gebruik geneem.

Die nuwe inwoners is gaande oor die landgoed se Bosveld-atmosfeer wat grotendeels te danke is aan die 18-hektaar natuurpark reg langs die landgoed. Hier merk inwoners nog gereeld kleinwild op en daar is ’n groot genoeg verskeidenheid van voëls om enige voëlkyker opgewonde te maak.

Bergvallei Aftreeoord
By Bergvallei Aftreelandgoed is gesonde sosiale interaksie ’n hoë prioriteit.

Bergvallei Aftreelandgoed beskik oor ’n leefstylsentrum met verskeie gerieflike fasiliteite, onder meer ’n 24-uur-sorgeenheid, mediese spreekkamer, restaurant, koffiewinkel, haar- en skoonheidsalon, biblioteek en ’n wassery. ’n Verskeidenheid wooneenhede, van een- en tweeslaapkamerwoonstelle tot een-, twee- en drieslaapkamerhuise, is te koop en te huur. Daar is selfs nog enkele luukse woonhuise teen die grens van die natuurpark te koop.

Só lyk die binnekant van een van die drieslaapkamerhuise by Bergvallei Aftreelandgoed.

Skouhuise- en woonstelle kan daagliks besigtig word. Maak gerus ’n afspraak, of kom loer sommer net in vir ’n koppie koffie. Die aftreelandgoed is geleë in Bougainvillea-weg in Montana, Pretoria, en kan maklik op Google se kaart gevind word deur bloot ‘Bergvallei Retirement Estate’ in te tik.

Belangstellendes kan ’n afspraak maak deur 0600 699 914 te skakel of die webtuiste te besoek.

Kom koop of huur nou die aftreehuis van jou drome in hierdie splinternuwe aftreelandgoed met ’n rustige Bosveld-atmosfeer!


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.80
-0.0%
Rand - Pond
23.95
-0.0%
Rand - Euro
20.39
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.51
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Platinum
1,044.30
-0.0%
Palladium
903.50
0.0%
Goud
2,327.02
-0.1%
Silwer
30.41
+0.1%
Brent-ruolie
81.11
-1.0%
Top-40
70,455
-0.7%
Alle aandele
76,704
-0.6%
Hulpbronne 10
61,314
-0.9%
Industriële 25
106,760
-1.0%
Finansiële 15
16,479
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos