advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: | 2019/06/24

Q.

Immuniteit

Goeiedag Dr. My dogtertjie is 2 en half jaar oud. So twee weke gelede het ons 'n aaklige maagvirus in on dorp gehad en almal omtrent siek. Sy het die maagvirus eerste in ons gesin gekry en toe het ek en my seuntjie dit daarna gekry. 'n Week later het sy weer siek geraak met opgooi. Ons was ongevalle toe waar hulle toe nou haar urine getoets het omdat sy gehuil het as sy piepie en aanvanklik het hulle gese daar was bloed in haar urine al was dit nie sigbaar nie. Sy het toe Augmentin ES 600 gekry. Hulle sou die Urine laat toets om seker te maak sy kry die regte antibiotika. So dag of wat later toe begin haar magie loop soos water sommer so by die doeke uit en sy huil vreeslik en kry koors en als. Terug by die hospitaal vind ons uit hulle het toe nie die urine laat toets nie weens interne misverstande. En die dr. by ongevalle toe nou onseker is dit wel nou blaasinfeskie agv van maagvirus of net steedts maagvirus en se dit kan ook die Augmentin wees. Sy verander toe die antibiotika na Zinnat. Als het daarvan af beter gegaan maar 3 dae daarna wat Vrydag was begin kry sy van voor af weer koors en huil haar kop is seer. Sy het by die huis gebly maar die nannies het so griep hoes gehad wat na haar gekyk het. Nou saam met die koors hoes sy baie erg slyme dat dit klink of sy wil verstik. Intussen is haar urine toets nog nie beskikbaar nie. Ek is raadop dat sy heeltyd nou siek bly en ek vermoed haar gestel is eenvoudig net heeltemal af. Hoe maak ek nou? Ons het voor dit altyd zinplex gegee en ander vitamin maar sy raak steedts baie maklik siek. Wat anders kan ons doen om haar immuniteit op te beur? is daar dalk enige "booster" spuite wat dr. kan aanbeveel in die geval?

Expert's Reply

A.

Paediatrician
- 2019/06/25

Hierdie is ‘n baie groot probleem. Wat uiters  belangrik is om te verstaan is dat antibiotikas nie ‘ n virus ontsteking genees  nie en die siekte net kan vererger. Die rede is dat die antibiotika die ‘goeie kieme’in die derm wat belangrik is vir die immuniteits stelsel doodmaak. Boonop is dit moonlik dat jou  dogtertjie nou kinkhoes  het. Ek glo  nie dat sy ‘n blaasontsteking het nie. Dit is nodig om op te hou om die antibiotika te gee. Gee vir haar ‘n probiotika soos Reuterina vir minsters 10 dae. Dear is geen behandeling om kinkhoes te behandel maar die pediater moet  besluit of dit nodig is om Aspelone vir 5 dae te gee. Hou aan om die Zinplex te gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.