advertisement

Hypertension

Question
Posted by: Gerrie Venter Homeopaat | 2020/05/25

Q.

Dr J de Villiers

HBP en Diabetes Het Enab gebruik (10mg) vir 10 jaar gebruik dit nou in 20mg vir 5 jaar. EKG is steeds ok. Nou bly my sistolise druk op 153 en soms 170 oor die afgelope 6 dae diastolies bly 80 tot 86 en pols 72 tot 83 geen endeem. Het gedink aan Enab CO. maar die diuretica het my gedagtes gestol

Expert's Reply

A.

Hypertension expert
- 2020/06/04

Ongekontrolleerde hipertensie, nog veel meer so, nou, in die Covid-19 tyd, is gevaarlik en bedreig jou lewe. Opgeweeg teen wat jy gehoor het omtrent die newe-effekte van diuretika, of enige ander bloeddrukmedikasie...dit weeg nie op nie. 

In `n  pasient wat reeds op sy ideale gewig is, wat `n gesonde dieet en oefenplan volg, maw sy leefstyl faktore perfek aanspreek, maar die bloeddruk steeds nie beheer is nie, is `n verdere bloeddruk medikasie, of selfs 2 of 3 of 4 of 5 bykomende bloeddruk medikasies noodsaaklik. Die vraag is altyd waarom, aangesien ek alles perfek reg doen, waarom kom my bloeddruk dan nie af nie?
Jy noem nie jou ouderdom nie, maar met toenemende ouderdom word die arteries al meer stug, maw verloor hul meegewendheid en dit beteken dat selfs in `n pasient wat al die leefstylfaktore presies nougeset nakom, medikasie benodig kan word. Dit is ook nie `n toestand wat "genees" nie, maw die medikasie bring die bloedddruk af, maar indien die medikasie gestaak word, skiet die bloeddruk weer op. Hierdie medikasie asook gereelde bloeddruk monitering is dus noodsaaklik vir die res van die persoon se lewe. Gelukkig is daar `n wye verskeidenheid van bloeddruk medikasies beskikbaar, sodat indien daar newe-effekte ontstaan, daar ander keuses beskikbaar is. Dit kos wel `n geduldige dokter en pasient.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.