advertisement
Question
Posted by: Lee | 2019/06/25

Hartklep probleem

Goeie dag Dr, Ek is 36jaar oud en het so 2maande gelede uitgevind dat 1 van my hartkleppe klein bietjie lek en het ook gese dus nie 'n bekommernis nie. Die internis wat my gesien het het my op Betacor gesit, 'n halwe pil 'n dag. Die internis het gese dat die medikasie sal help vir my lighoofdigheid ook. My kop voel nogsteeds lighoofdig/dronk. Is dit dalk deel van my hart probleem?Vir hoelank moet ek op medikasie bly?Wanneer is dit die regte tyd om 'n kardioloog te sien?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2019/06/28

Hi Lee
Dit is moontlik die medikasie wat jou lighoofdig/dronk laat voel. Gesels eers met die internis en hoor of daar enige ander medikasie is wat n mens eerder kan gebruik. Die internis kan dan ook toetse herhaal om seker te maak dat die lek van die hartklep nie vererger het nie. Groete en sterkte. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement