Childhood Diseases

Question
Posted by: Stella | 2009/11/17

Q.

bekommerd

Hi doc,wonder of u raad het..Sondag nag het my seuntjie van 3 jaar ' n hewige koors gehad.Ek het vir hom pyn &  koors stroop gegee.Gisteroggend opgestaan en gekla sy kop,keel en 1 oor is seer.Hy het ook ' n vreeslike los slym hoes.Ons het hom skooltoe gevat.sy juffrou het gebel en gese hy lyk nie lekker nie,en sy koors is 38.5,sy het vir hom koors stroop gegee en daarna het hy vir 3 ure geslaap.Ek het hom half 3 gaan oplaai by skool,sy ogies was pap en hy het bly kla van kopseer,net aan die 1 kant.Hy het net gele,wou nie eens regop sit nie.Toe ons tuis kom het ek vir hom 5 ml koorsstroop gegee.Hy het 10 minute gele,en daarna was alles reg.Hy se sy kop voel beter,alhoewel hy nog daardie vreeslik slym hoes het,het hy nog nie weer koors gehad nie.Ek het in sy keel gekyk en dit het nie rooi gelyk nie.Hy het ook nie meer mangels nie.Kan dr my asb raad gee,enige idee wat die koors kon veroorsaak? Ek het vir die juffrou gevra sy moet laat weet indien daar weer koors is dan sal ek hom pediater toe vat..dankie doc

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek neem altyd kennis wanneer kinders van hoofpyn kla, veral in jong kinders. Kinders van 3 jaar kan nie maklik verduidelik waar hulle pyn het en daarom is dit belangrik om kennis te neem van so 'n klagte. 'n Hoe koors en hoofpyn is twee van die simprtome van meningitis in kinders.Indien hy weer kla of koors ontwikkel moet hy dadelik sy pediater raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Stella | 2009/11/17

Ook intussen van sy juffrou uitgevind sy oortjie het begin dreineer,hy het gromets in.Sy vierde stel om presies te wees..Dit is seker wat die koors en die hewige hoofpyn veroorsaak het.Wat ek dan wil vra,is dit nodig om die oor,neus en keel te sien,of kan ek van sy vorige oordruppels ingooi?

Reply to Stella

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.