Hearing management

Question
Posted by: Rene Smith | 2017/10/11

Q.

Gesuis van ore na nabyheid van 'n geweerskoot

Goeie more, ek het 'n paar jaar gelede in 'n bakkie gesit waarvan my ruit net effens oop was in die jagveld. Met die skiet na die bok van die manne agterop die bakkie het my linker oor begin suis. Die gesuis het egter nooit weg gegaan nie. Ek het destyds 'n oudioloog besoek wat aangedui het dat die impak van die harde slag skade aan my gehoor gedoen het. Wanneer dit stil raak om my is die gesuis meer hoorbaar soos bv. as ek in die bed klim. Ek vind ook dat ek sukkel om altyd 'n volle woord te hoor. Ek sal die geluid hoor as mense met my praat, maar dit is asof seker klanke nie bir my 'n woord vorm maar wel net 'n klank. Destyds was daar nie iets volgens die oudioloog wat gedoen kan word nie - stem u saam en gaan toestand met tyd vererger?

Expert's Reply

A.

Hearing Expert
- 2017/10/17

Hallo. Ja die gesuis word tinnitus genoem en is n simptoom van geraasinduseerde gehoorskade in die binne oor of koglea. Die skoot het dit veroorsaak en is hoorbaar veral as jy en die omgewing om jou stil is. Ja daar is baie waarmee jou oudioloog kan help om jou gehoor en tinnitus te verbeter, let wel nie te laat verdwyn nie. Gehoortoestelle het wonderlike tinnitus programme en opsies. Gaan sien gerus weer n oudioloog. Jy moet in toekoms gehoorbeskermers dra, bekombaar by oudioloog as weer jag anders sal jou gehoorsensitiwiteit verswak. Baie sterkte. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.