Colds and flu

Question
Posted by: | 2017/09/17

Q.

Verwardheid oor wat met my fout is.

Ek het begin van Julie siek geword met grieperigheid/verkoue. Dit het aangehou en n week voor ek moes uitstal by kunstefees het ek begin met n seer stywe nek aan my linkerkant. Dit het met dae aangegaan en ombeweeg na die laer deel v my kop en to my regterkant v my nek. Later af in my regter been en my skouers en bo arm regs het dooie gevoel gehad en ook area oor my regter sleutelbeen. Tydens die fees dat my man my huis toe gestuur het een aand. Het konstante spierpyne en lyfpyne gehad soos nou net beskryf. Toe ons die laaste aand oppak toe voel dit net asof my kniee ewe skielik ingegee het terwyl dit nie regtig vanteovre gepla het nie. Dit was net verskriklikseer en lam. Maar net so skielik toe kon ek nie meer nie en moes ek my man sê ek kan nie verder nie. Tuis die volgende week het ek probeer rus. Ek het een oggend opgestaan, n broodjie gaan maak en toe ek n happie vat en dit sluk gaan sit dit vas in my keel. Ek het geen spierkrag gehad om dit af te sluk nie en met groot gesukkel kon ek dit uitgeroggel kry terwyl ek gesukkel het om asem te kry. Ek het gesukkel vir n paar dae met asem en selfs as ek op my rug lê. Ek was by al 3 ons drs en eerste een het my op antibiotika gesit en kortisone, toe gaan ons Fees toe. Toe gebeur die storie met die brood toe ons terugkom en toe ek ook een oggend opstaan toe hang my hele regterkantste oog pap asof ek n beroerte gehad het. Dit was ook die regterkant v my lyf wat dood was em asemhaling en sluk het erger gevoel aan regterkant. Weer dr toe. Ander ouer dr die keer by dieselfde praktyk. Nee, toe het ek bakteriele spierinfeksie volgens hom en daar gaan ons...NOG n sterker kursus antibiotika en meer KORTISONE!!! n Week later toe moes ek weer terug gaan toe is niks beter nie en jonger dokter sê toe nee sy dink ek het dalk bakteriele spierinfeksie gehad maar dat dit nou oorgesit het in virale spierinfeksie en dat ek net goeie inflamatoriese goed moet drink en dit kan 4-6 weke neem om weg te gaan en dat die infeksie my wel so bitter moeg kan maak. Dit het veel langer gevat en is nou al twee maande na die tyd en dit is meestal beter behalwe dat my knieë nogsteeds totaal opgefoeter is. Ek is soos n ou mens. Sommige dae voel dit ook of die hele storie weer begin met my nek wat weer begin lam en seer voel aan linkerkant. Die dooie gevoel aan my regterkantste bo arm is nog nie heeltemal weg nie. Was hulle diagnose net n skoot in die wind? Of is dit hoe virale spierinfeksies werk en kan jy altwee kry?

Expert's Reply

A.

Flu expert
- 2017/09/25

Hi

Ek is jammer om te hoor dat jy nou al vir so lank nie lekker voel nie. Virale ineksie van die spiere kan n mens baie lank baie moeg en sleg laat voel, dit is baie waar. Daar is n klomp verskillende virusse wat hierdie tipe van simptome kan veroorsaak en soms kan dit jare neem om beter te raak! n Mens sal net moet seker maak dat dit wel die regte diagnose is en dat daar nie iets anders aan die gang is nie. Indien jy nog baie sleg voel, sal ek voorstel dat jy eerder na n spesialis toe gaan om seker te maak van dei diagnose. n Mens kan dan ook bloedtoetse doen om uit te vind of daar steeds n virus in die liggaam is....Groete en sterkte 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.