advertisement
22 November 2010

Gevreesde ondersoeke vir mans

Die meeste mans sou liewer hulle onderklere aan die brand steek of vyf kinderpartytjies in 'n ry bywoon as om vir 'n kolonkanker-toets of prostaatondersoek te gaan.

0

Die meeste mans sou liewer hulle onderklere aan die brand steek of vyf kinderpartytjies in 'n ry bywoon as om vir 'n kolonkanker-toets of prostaatondersoek te gaan.

As minimum ongerief jou doelwit is, sal gereelde ondersoeke en toetse vir siektes waarskynlik jou aantal dokterbesoeke verminder, nie andersom nie. Om eenvoudig 'n probleem te ignoreer, sal dit nie laat verdwyn nie. Inteendeel! Dit sal tot voortslepende mediese behandeling lei wanneer die situasie eers krisisafmetings begin aanneem.

In party gevalle kan sterftes deur vroeë opsporing en behandeling verhoed word, en in ander gevalle kan ondersoeke en toetse tot behandeling en 'n beter lewenskwaliteit lei.

Die toetse wat 'n man moet ondergaan
Hier is 'n lys van die mees algemene en mees voorkombare toestande:

HIV toets (bloedmonster)
Wanneer? Elke ses maande as jy nie veilige seks beoefen nie.
Hoekom? As jy 'n gesonde lewenstyl handhaaf, kan jy jare lank sonder simptome lewe. Die regte behandeling kan jare by jou lewe voeg en jou lewenskwaliteit aansienlik verbeter.

Bloeddruk (geen naalde)
Wanneer? Elke twee jaar terwyl jy in jou twintigs en dertigs is, en een keer per jaar daarna.
Hoekom? Byna 90% van mense ouer as 55 onwikkel hoë bloeddruk. Jou bloeddruk moet nie hoër as120/80mmHg wees nie. Mense met 'n bloeddruk van135/85mmHg het dubbel die risiko vir hartsiekte en 'n verhoogde risiko vir beroerte.

Cholesterol (bloedmonster)
Wanneer? Elke twee jaar wanneer jy in jou twintigs of dertigs is en daar 'n familiegeskiedenis van hartsiekte is. As jy in jou veertigs of ouer is: elke keer wanneer jy vir 'n mediese ondersoek gaan.
Hoekom? Hoë cholesterolvlakke kan jou risiko vir hartsiekte en beroerte verhoog. Dokters beveel aan dat alle bloed-lipiedevlakke getoets word, nie net cholesterolvlakke nie.

Tipe-2 diabetes (bloedmonster)
Wanneer? Almal, maak nie saak hoe oud nie, moet elke drie jaar getoets word as hulle risiko hoog is. Mense met die hoogste risiko sluit in diegene met 'n familiegeskiedenis van diabetes, mense wat oorgewig is of mense met hoë bloeddruk.
Hoekom? As jy Tipe-2 diabetes het, is jou risiko vir hartsiekte en oogprobleme hoër.

Prostaat (bloedmonster vir die prostaat-telling en/of 'n digitale rektumondersoek. (Daar is tans ook die moontlikheid van 'n urinetoets.)
Wanneer? As jy in jou veertigs is, een keer per jaar indien jy 'n familiegeskiedenis van prostaatkanker, of borskanker het, of as jy swart is. Wanneer jy in jou vyftigs of ouer is, ook een keer per jaar. Een uit elke agt mans in hierdie groep ontwikkel prostaatkanker. Tipiese tekens sluit in moeilike urinering, vergrote limfkliere of bloed in die urine.
Hoekom? Meer Suid-Afrikaanse mans word deur prostaatkanker as enige ander soort kanker getref. Vroeë opsporing vergroot jou kanse vir oorlewing.

Testikulêre self-ondersoek (verduideliking onnodig)
Wanneer? Maandeliks, veral in die geval van onafgesakte testes, 'n geskiedenis van testikulêre gewasse, 'n broer of pa met testikulêre gewasse, of indien jy onvrugbaar is. Wees op die uitkyk vir 'n pynlose knop of opswelling van die testes, of 'n dowwe pyn of swaarheid in die skrotum of laer buik-area.
Hoekom? Testikulêre kanker is die mees algemene kwaadaardigheid by mans van 15 – 35 jaar. Vroeë opsporing mag werklik jou lewe red. Lance Armstrong is 'n inspirerende voorbeeld.

Kolon-toets (verkieslik 'n kolonoskopie – 'n interne ondersoek van die kolon met 'n buigsame instrument ná verdowing)
Wanneer? As daar geen familiegeskiedenis van kolonkanker is nie, behoort jy jou eerste kolonsokopie op ouerdom 50 te ondergaan. As daar egter 'n familiegeskiedenis is, is 40 'n beter opsie. Dan 'n daaropvolgende kolonoskopie elke 5 – 10 jaar, afhangende van jou graad van risiko. As jy meer as een eerstegraadse familielid het wat kolon-kanker het of gehad het, moet jy elke 3 – 5 jaar gaan. Let op skielike veranderinge in stoelgang, bloed in die stoelgang, of koliek, opgeblasenheid en volheid.
Hoekom? Kolorektale kanker is die vyfde mees algemene kanker by Suid-Afrikaanse mans. As dit vroeg genoeg opgespoor word, kan kolon-kanker effektief behandel word. Oorerflike kolorektale kanker kom in sekere Suid-Afrikaanse families voor: een uit vier gevalle is inderdaad geneties en dit kan baie vroeg reeds deur middel van DNA-toetse vasgestel word.

Velondersoek  (ondersoek die voorkoms van 'n letsel. Die dokter kan ook 'n klein monster van die letsel neem.)
Wanneer?
Elke jaar vanaf die ouderdom van 40. Gholfspelers, krieketspelers, boere, vissermanne en ander mans wat baie tyd in die son deurbring, het 'n hoë risiko.
Hoekom? Die meeste gevalle van velkanker kan baie suksesvol behandel word, mits dit vroeg genoeg ontdek word.

Oogtoets
Wanneer? As jy in jou twintigs of dertigs is, elke vyf jaar. Elke twee jaar wanneer jy in jou veertigs is en vanaf 50, jaarliks. Wees op die uitkyk vir wasige sig, belemmerde sig of pyn in die oog.
Hoekom? Gereelde oogtoetse ontdek swak sig, gloukoom en katarakte en kan selfs blindheid voorkom. 

(Susan Erasmus, Health24, hersien Februarie 2009)

 
NEXT ON HEALTH24X
advertisement

Read Health24’s Comments Policy

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Live healthier

The debate continues »

Working out in the concrete jungle 7 top butt exercises for guys 10 things pole dancing can do for you

The running vs. walking debate

There are many different theories when it comes to the running vs. walking for health and weight loss.

Veganism a crime? »

Running the Comrades Marathon on a vegan diet Are vegans unnatural beasts? Can a vegan be really healthy?

Should it be a crime to raise a baby on vegan food?

After a number of cases of malnourishment in Italy, it may become a crime to feed children under 16 a vegan diet.