Share

Die skop in jou koppie

Kafeïen is 'n kragtige opkikker – die algemeenste stimulant ter wêreld. Maar wat is dit presies: verslawende middel of gesonde doepa?
Vir HUISGENOOT-POLS

Dertig minute nadat jy 'n koppie koffie gedrink het, begin jou hart vinniger klop, jou bloeddruk styg en jou asemhaling versnel.

Jy voel wakker en lekker skerp, maar dis nie al voordele nie. Navorsing toon dat matige hoeveelhede kafeïen (dis nou sowat drie koppies koffie per dag) die ontwikkeling van Parkinson se siekte, jig, diabetes en moontlik ook lewerkanker en lewerskade kan teëwerk.

Koffie bevat ook flavonoïede, 'n antioksidant wat koffieliefhebbers se risiko vir hartsiektes en kanker verminder.

Die donker kant
'n Oordosis kafeïen (500 tot 600mg) het nare newe-effekte: slaaploosheid, spierspasmas, maagprobleme en vinnige, onreëlmatige hartkloppings.

Gereelde koffiedrinkers sal omtrent vier tot sewe koppies binne 'n uur moet drink voor hulle so voel, maar jy kan dié simptome vinniger ervaar as jy nie gereeld kafeïen inneem nie.

Dink voor jy drink
'n Gesonde hoeveelheid kafeïen is drie koppies kitskoffie of ses koppies tee per dag.

Maar loop lig vir kafeïen of sny dit liewer heeltemal uit jou dieet as jy op een van dié vrae "ja" antwoord:

  • Kry jy maklik hoofpyn of migraine? Kafeïen is 'n migrainesneller.

  • Ly jy aan PMS? Kafeïen kan die simptome vererger.

  • Gebruik jy antibiotika, 'n asmapompie of ander opkikkers wat in sommige kruiemiddels voorkom? Kafeïen kan saam met dié middels kwaai angstigheid veroorsaak.

  • Probeer jy swanger word? 'n Paar studies het kafeïen met onvrugbaarheid verbind.

  • Sukkel jy om te slaap? Dit is beter om jou laaste koppie koffie voor vieruur die middag te drink omdat dit minstens vier uur duur voor kafeïen se effek uitgewerk is.

  • Ly jy aan angs of depressie? Kafeïen kan die simptome vererger.

  • Is jy swanger of borsvoed jy jou baba? Jou baba kan te klein wees met geboorte en baie onrustig en angstig wees ná borsvoeding.

Waar skuil kafeïen?

Kos of

drankie

 

Tipiese

kafeïeninhoud

 

1 koppie tee 50mg
1 blikkie kola Minder as 40mg

1 sjokoladestafie

(50g)

 

Minder as 50mg

1 tipiese pyn- of

grieptablet

 

50mg

1 blikkie energiedrankie

met

kafeïen

 

80mg
1 beker kitskoffie 100mg

1 klein koppie

kafeïenvrye filterkoffie

(230ml)

 

5mg

Kafeïen tot die derde mag
'n Nuwe energiedrankie genaamd Cocaine, met 280mg kafeïen per blikkie, is onlangs deur die Suid-Afrikaanse gesondheidsowerheid goedgekeur. Dié drankie, wat as die "wettige alternatief" vir ware kokaïen bemark word en die Amerikaanse Food and Drug Administration op hol gehad het, bevat sowat drie keer meer kafeïen as ander energiedrankies of 'n koppie kitskoffie.

Dis na aan die maksimum hoeveelheid wat vir daaglikse gebruik aanbeveel word. Hoewel dit geen onwettige bestanddele bevat nie, meen medici dat mense wat vir kafeïen sensitief is, dit eerder moet vermy. Kinders, swanger vroue en vroue wat borsvoed, moet ook versigtig wees.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

Read more: Beverages

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE