Kafeïen is 'n kragtige opkikker – die algemeenste stimulant ter wêreld. Maar wat is dit presies: verslawende middel of gesonde doepa?
Vir HUISGENOOT-POLS
Dertig minute nadat jy 'n
koppie koffie gedrink
het, begin jou hart
vinniger klop, jou
bloeddruk styg en jou
asemhaling versnel.
Jy
voel wakker en lekker skerp,
maar dis nie al voordele nie.
Navorsing toon dat matige
hoeveelhede kafeïen (dis nou
sowat drie koppies koffie
per dag) die ontwikkeling
van
Parkinson se
siekte, jig, diabetes
en moontlik ook
lewerkanker en lewerskade
kan teëwerk.
Koffie bevat ook flavonoïede,
'n antioksidant wat koffieliefhebbers se
risiko vir hartsiektes en kanker verminder.
Die donker kant
'n Oordosis kafeïen (500 tot 600mg) het
nare newe-effekte: slaaploosheid,
spierspasmas, maagprobleme en vinnige,
onreëlmatige hartkloppings.
Gereelde koffiedrinkers sal omtrent
vier tot sewe koppies binne 'n uur
moet drink voor hulle so voel,
maar jy kan dié simptome vinniger
ervaar as jy nie gereeld
kafeïen inneem nie.
Dink voor
jy drink
'n Gesonde hoeveelheid
kafeïen is
drie koppies kitskoffie
of ses koppies tee
per dag.
Maar loop lig vir kafeïen of sny dit liewer
heeltemal uit jou dieet as jy op een
van dié vrae "ja" antwoord:
- Kry jy maklik hoofpyn of migraine?
Kafeïen is 'n migrainesneller.
- Ly jy aan PMS? Kafeïen kan die
simptome vererger.
- Gebruik jy antibiotika, 'n asmapompie
of ander opkikkers wat in
sommige kruiemiddels voorkom?
Kafeïen kan saam met dié middels
kwaai angstigheid veroorsaak.
- Probeer jy swanger word? 'n Paar
studies het kafeïen met onvrugbaarheid
verbind.
- Sukkel jy om te slaap? Dit is beter
om jou laaste koppie koffie voor
vieruur die middag te drink omdat
dit minstens vier uur duur voor
kafeïen se effek uitgewerk is.
- Ly jy aan angs of depressie? Kafeïen
kan die simptome vererger.
- Is jy swanger of borsvoed jy jou
baba? Jou baba kan te klein wees met
geboorte en baie onrustig en angstig
wees ná borsvoeding.
Waar skuil kafeïen?
|
Kos of
drankie
|
Tipiese
kafeïeninhoud
|
| 1 koppie tee |
50mg |
| 1 blikkie kola |
Minder as 40mg |
|
1
sjokoladestafie
(50g)
|
Minder as 50mg |
|
1 tipiese pyn-
of
grieptablet
|
50mg |
|
1 blikkie
energiedrankie
met
kafeïen
|
80mg |
| 1 beker kitskoffie |
100mg |
|
1 klein koppie
kafeïenvrye
filterkoffie
(230ml)
|
5mg |
Kafeïen tot die derde mag
'n Nuwe energiedrankie genaamd Cocaine, met 280mg kafeïen per blikkie, is onlangs deur die
Suid-Afrikaanse gesondheidsowerheid goedgekeur. Dié drankie, wat as die "wettige alternatief" vir ware
kokaïen bemark word en die Amerikaanse Food and Drug Administration op hol gehad het, bevat sowat
drie keer meer kafeïen as ander energiedrankies of 'n koppie kitskoffie.
Dis na aan die maksimum hoeveelheid
wat vir daaglikse gebruik aanbeveel word. Hoewel dit geen onwettige bestanddele bevat nie, meen
medici dat mense wat vir kafeïen sensitief is, dit eerder moet vermy. Kinders, swanger vroue en vroue wat
borsvoed, moet ook versigtig wees.
(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)
Read more: Beverages