Toe ek klein was, het ons radio geluister tot die batterye opgeraak het. In Nyandeni, waar ek grootgeword het, het hulle eers in die 2000’s elektrisiteit begin insit. Dit was soos toorkuns vir ons. Ons het nie eens ’n TV gehad nie. Baie mense het geskok. Veral kinders.
Ons het gedink ons kan daarmee speel. Niemand het geweet hoe gevaarlik dit is nie. Êrens op hoërskool het ek begin dink daaraan om dit my loopbaan te maak. Elektriese ingenieur. My punte was goed genoeg. Miskien het die idee aan so ’n loopbaan my krag gegee.
Dit was sielsdodend moeilik om werk te kry. Dit was ’n worsteling vir drie jaar lank. Selfs met my nasionale diploma in elektriese ingenieurswese. Ek het net geen geluk gehad nie, dis hoe dit gevoel het. Uiteindelik het ek besluit om terug te gaan universiteit toe vir nog ’n graad. Daai B. Tech het my nóg ’n jaar gevat.