Share

Wees 'n superster in die slaapkamer

Behalwe erektiele disfunksie is daar niks wat 'n man se selfvertroue so 'n nekslag kan toedien soos 'n oorsensitiewe sneller nie. As jy gereeld vinniger klaarmaak as wat jy of jou bedmaat sou wou hê – soos vóór omgang, of kort nadat dit begin het – mag jy aan 'n toestand ly wat as premature ejakulasie bekendstaan.

Studies om die gemiddelde tyd vas te stel hoe lank dit vir 'n man vat om te klimaks, dui aan dat ongeveer 30% van mans binne een minuut ná penetrasie ejakuleer. Ongeveer 60% ejakuleer binne vyf minute. Net ongeveer 5% hou om en by 15 minute.

Verskillende faktore

Presies hoe lank dit vat, hang van baie faktore af. Party mans vind dat hulle tydens 'n liefdesessie die eerste keer vinnig ejakuleer. Later daardie selfde nag kan hulle dikwels heelwat langer hou.

Manlike seksualiteit het op een punt vasgehaak en fokus hoofsaaklik op penetrasie en orgasme. Mans kan egter 'n orgasme hê sonder om te ejakuleer, wat beteken dat jy twee of meer orgasmes ná mekaar kan hê – selfs veelvuldige orgasmes! Wat ook goed is om te weet, is dat dit nie vir mans nodig is om 'n orgasme te bereik of te ejakuleer om wonderlike, bevredigende seks te geniet nie. Daar is, om die waarheid te sê, selfs tye wanneer 'n orgasme jou ekstase kan bederf. 

In enkele gevalle kan premature ejakulasie 'n simptoom van 'n fisiese toestand wees, maar in by verre die meeste gevalle is dit eenvoudig 'n geval van kondisionering. Baie mans het daaraan gewoond geraak om net "klaar te kry". Soos enige gewoonte kan dit egter verander word. 

'n Stap-vir-stap benadering

Jonti Searll, 'n welbekende sensualis, stel 'n stap-vir-stap program voor wat ontwerp is om mans te help om 'n paar diepgaande veranderings te maak, deur hulle seksuele kennis en horisonne te verbreed en 'n paar uitstekende tegnieke aan te leer.

Die eerste deel van die program behels 'n vermenging van oefeninge uit Oosterse en Westerse tradisies. Hulle fokus nie op "Die Probleem" nie, maar op 'n manier wat op die saak as geheel fokus, en hoe 'n mens die tegnieke kan aanwend om die kruin van seksuele bevrediging te bereik.

Meer plesier vir jou en jou maat

Die doel van die tweede deel is groter plesier vir jou en jou maat.

Hierdie program gaan oor penetrasie, oor om so lank soos jy wil, te hou, oor die seksuele beheer waaroor jy nog altyd gedroom het en om vlakke van plesier, waaroor jy tot nou toe nog net gelees het of in flieks gesien het, te bereik.  

Neem jou tyd met hierdie eenvoudige oefeninge. Maak seker jy verstaan alles goed vóór die lekker deel – die praktiese toepassing daarvan – begin. As die voorgestelde tyd om 'n oefening te bemeester twee weke is, maar jy voel dat jy drie weke of meer nodig het, gun jouself meer tyd. Luister na jou liggaam. Dit is belangrik om op jou liggaam se reaksie te fokus. Onthou, dit is nie 'n wedloop nie – dit is 'n reis waarop jy gaan. Jy sal definitief beter resultate behaal as jy stadig begin.

As jy in 'n verhouding betrokke is, sal dit help as jy die program aan jou metgesel verduidelik. Sy of haar begrip en deelname sal vir jou van groot hulp wees. So, kom ons kry die bal aan die rol.

Die superster-program

Volg hierdie stappe:

Stap 1: PC spiere (Waarskuwing: bevat eksplisiete materiaal)

Stap 2: Akudrukpunte

Stap 3: Soepelheid (Waarskuwing: bevat eksplisiete materiaal)

Stap 4: Asemhaling

Stap 5: Visualisering

Stap 6: Tantriese energiebalans

Stap 7: Oefen op jou eie

Stap 8: Oefen met jou maat (Waarskuwing: bevat eksplisiete materiaal)

Stap 9: Penetrasie

Stap 10: Orgasme en ejakulasie

Stap 11: Seks en asemhaling

(Jonti Searll, sensualis, Oktober 2010)

Oor die skrywer van die program

Fiksheid-tabel

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE