Share

Top 10 redes vir 'n lae libido

As jou sekslewe van tien uit tien na 'n nul op 'n kontrak beweeg het, troos jou daaraan dat jy nie die enigste mense is met wie dit al gebeur het nie. Terwyl 'n chroniese seks-aversie 'n ernstige saak is, is 'n tydelike afplatting van jou libido heel normaal.

Die redes vir 'n verminderde seksdrif kan van persoon tot persoon verskil. Maar die volgende sal jou help om uit te vind wat moontlik die wind uit jou seile neem.

Stres

Die werk op jou lessenaar bly net ophoop en jou nuutste "dot-com" belegging het so pas in die hek geduik. Wanneer stresvolle gebeure die oorhand neem, val jou seksdrif maklik plat.

Siekte

Wanneer jou neus loop en die hoop sneesdoekies langs jou bed soos die Eiffeltoring begin lyk, gaan jy beslis nie baie lus voel vir seksuele aktiwiteit nie. PMS mag ook daartoe lei dat jy tydelik jou belangstelling in seks verloor. Maar ernstiger siektes soos lae skildklierfunksie, diabetes, kanker, hart- en longprobleme en seksueel oordraagbare siektes kan ook jou belangstelling in seks 'n knou gee. As jy iets vermoed dat dit iets ernstiger kan wees, maak dadelik 'n afspraak by jou dokter.

Medikasie

Baie voorskrif- en toonbankmedikasie kan jou seksuele drange in die wiele ry. Welbekende sekslusdempers sluit in antidepressante soos Prozac en Xanax, maar bloeddrukmedikasie, psigotropiese middels, kalmeerpille, opiate en selfs geboortebeperkingspille kan jou belangstelling in seks aantas, of dit moeilik maak om orgasme te bereik.

Lewenstyl

As jy onlangs getroud is, 'n verhouding beëindig het, 'n nuwe werk begin het, of getrek het, is jy moontlik geestelik en fisies nie op jou beste nie. Lewenstylveranderinge is 'n ander vorm van stres, en selfs al is dit positiewe veranderinge, kan dit partykeer 'n negatiewe uitwerking op jou sekslewe hê.

Veroudering

Party studies toon dat seksuele reaksies met die ouderdom verbeter, maar hormonale wanbalanse by vroue tydens hulle menopouse kan tot 'n verminderde seksdrif lei. Party vroue mag nie meer daarvan hou om aangeraak te word, nie en omgang mag pynlik raak as gevolg van vaginale droogheid wat deur 'n vermindering van estrogeen veroorsaak word.

Verhoudingsprobleme

Tydelike gebrek aan belangstelling in jou metgesel is heel normaal. Maar as jy vind dat die wipplank van seksuele aantrekking vir lang periodes aan die af kant begin vassteek, kan dit iets te doen hê met probleme in die verhouding. As daar spanning of ongelukkigheid is, sal dit op die ou einde jou verhouding begin benadeel.

Liggaamsbeeld

Om te leer om jou liggaam lief te hê, is moontlik een van die grootste bydraende faktore tot die ontwikkeling van 'n sterk seksuele identiteit. As jy ongemaklik voel met jou fisieke self, mag jy neig om jou liggaam vir jou metgesel weg te steek, wat ook 'n negatiewe uitwerking op seksuele aktiwiteit kan hê.

Depressie

As jy depressief is, gaan seks nie heel bo aan jou agenda wees nie. Ons het almal elke nou en dan 'n slegte dag of twee, maar as die weke maande begin word, gaan jou depressie beslis jou libido beïnvloed.

Nuwe baba

Bo en behalwe die nuwe mensie wat jou konstante aandag verg, kan laktasie en postpartum depressie (wat by ongeveer 10% van vroue voorkom) ook tot 'n verlaagde libido bydra. Die laer estrogeenvlakke by lakterende vroue verlaag nie net hul seksdrif nie, maar kan ook die vaginale wande uitdroog, wat omgang pynlik maak.

Dwelms en alkohol

Oormatige gebruik van dwelms en/of alkohol mag tot 'n groter aantal seksuele episodes lei, maar op die lange duur kan dit jou seksdrif nadelig beïnvloed. Dit mag 'n probleem wees as 'n toename in jou alkohol- of dwelmgebruik tot 'n afname in jou libido lei.

As 'n gebrek aan seksuele belangstelling jou pla, is daar stappe wat jy kan neem om jou libido aan te wakker. 'n Gesonde dieet, die regte hoeveelheid oefening en 'n daaglikse dosis vars lug kan help om jou seksuele aptyt aan te wakker.

Die verkenning van 'n nuwe erotiese begeerte of fantasie kan dinge ook aanwakker. Om met 'n vriend, jou metgesel, 'n aanlyn-ondersteuningsgroep of 'n goeie terapeut te praat oor probleme wat jy met jou sekslewe ondervind, kan jou help om van die emosionele of sielkundige kwessies wat jou pla, uit te sorteer. 'n Gebrek aan seksuele belangstelling, wat spruit uit 'n fisiese probleem soos 'n hormonale wanbalans of depressie, moet miskien met medikasie behandel word. Besoek jou gesondheidsorg-voorsiener vir 'n konsultasie en ondersoek.

Wat ook al die rede vir jou libido-probleme, onthou net: 'n lae libido is 'n natuurlike deel van die menslike seksuele reaksie-siklus – wat opgaan, moet ook weer afkom. – (Dr Elna McIntosh, hersien Oktober 2010)

Stel 'n vraag aan Sexologist.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE