Share

Loop jy 'n ED-risiko?

Enigiets wat enige van die strukture of elemente wat by die ereksieproses betrokke is, in die wiele ry (soos senuwees, spiere, bloedvate of chemikalieë), kan tot erektiele disfunksie, of ED, bydra.

Beantwoord die volgende vrae en bepaal jou risikovlak:

Is jy ouer as 40?
Volgens 'n farmaseutiese maatskappy verminder erektiele funksie met 12% vir elke tien-jaar-toename in ouderdom.

Het jy hartsiekte, hoë bloeddruk of hoë cholesterol, of rook jy?
Siektetoestande soos dié wat are laat vernou of bloedvloei verminder, dra by tot 40% van alle ED-gevalle. Daar kan ook 'n abnormaliteit in die are van die penis wees wat veroorsaak dat die bloed te vinnig uitloop, wat beteken dat ereksies nie volgehou kan word nie.

Navorsing toon ook dat mans wat 'n pakkie per dag rook se kans om ED te kry tot 50% hoër is as 'n nie-roker van dieselfde ouderdom.

Ly jy aan diabetes of 'n ander endokriene siekte?
Diabetes of 'n testosteroon-tekort speel 'n rol in ongeveer 36% van ED-gevalle. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie ontwikkel 50% van mans met diabetes ED, dikwels binne tien jaar ná diagnose.

Ly jy aan senuweeskade weens 'n besering, chirurgie of bestralingsbehandeling?
Skade aan enige senuwees wat na of van die penis lei, is 'n bydraende faktor in 24% van gevalle. Rugmurgskade, veelvuldige sklerose of periferale senuweesiektes kan ook senuweeskade veroorsaak.

Ly jy aan angstigheid of stres?
Dikwels word ED deur 'n kombinasie van mediese en emosionele faktore veroorsaak. Stres, skuldgevoelens, angstigheid, depressie en 'n swak selfbeeld word almal bestempel as toestande wat ED beïnvloed, en kan in ongeveer een uit tien gevalle die enigste oorsaak wees.

Neem jy slaappille, antidepressante of medikasie vir hoë bloeddruk?
Baie algemene medikasie noem ED as 'n moontlike newe-effek.

Neem jy ontspanningsdwelms of drink jy meer as drie alkoholiese drankies per dag?
Dit is bekend dat dié middels 'n mens se seksdrif verlaag en bydra tot ED.

Is jy oorgewig?
Volgens navorsing kan elke 9kg oorgewig tot 'n vermindering van 3% in erektiele funksie lei.

As jou antwoord op enige van die bostaande vrae ja is, het jy 'n verhoogde risiko om ED te ontwikkel. Vir nog inligting, besoek die Suid- Afrikaanse Seksuele-gesondheidsvereniging se webwerf by www.sexualhealth.co.za.

(Hierdie is 'n uittreksel uit 'n artikel deur ROBERT WHITAKER wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

Lees meer: Erektiele disfunksie – die harde feite

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE