Share

Jammer skat, ek het 'n hoofpyn

Dit is geen geheim dat 'n gebrek aan belangstelling in seks tot huweliksprobleme kan lei nie. Wat is die oorsaak hiervan?

Daar is geen absolute reëls oor wat presies 'n normale libido is nie, maar die meeste vroue is deeglik bewus daarvan as hulle libido begin afneem. Aanvanklik het die meeste mense 'n gesonde belangstelling in seks, maar daar is baie redes hoekom dit skielik kan verminder.

Redes vir 'n verminderde belangstelling in seks

Hormonale probleme. Dit mag gepaard gaan met gewigsveranderinge, ongereelde maandstondes, haargroei of haarverlies.

Geboorte. Dit kan dikwels tot 'n verlaagde libido lei as gevolg van fluktuerende hormoonvlakke, min slaap en die feit dat vroue hul baba, ten minste vir die eerste paar maande, as 'n groter prioriteit as hulle mans beskou.

Langtermyn siekte en 'n gebrek aan energie. As 'n vrou moeg of siek is, neig die liggaam om sy energie vir ander aktiwiteite as seks te bewaar.

Onaangename ervarings uit die verlede. Dikwels kan terapie mense help om sulke dinge te bowe te kom, maar ervarings uit die verlede kan definitief 'n uitwerking op seksuele aktiwiteite in die hede hê.

'n Gebrek aan gevoelens vir jou metgesel. As jou metgesel jou nie prikkel nie, of as jy voel dat hy nie genoeg aandag aan jou behoeftes gee nie, kan dit 'n negatiewe impak op jou seksdrif hê.

Stres, bekommernis en depressie. Wanneer jou aandag op sulke dinge gefokus is, gebruik jou liggaam sy energie om die probleme waarmee jy worstel, op te los, en jou libido ly daaronder.

Mediese hulp

Jou dokter kan bloedtoetse doen om uit te vind of jy 'n ystertekort het en of daar enige ander oorsaak is. 'n Hormonale wanbalans kan ook deur 'n dokter vasgestel word. 'n Dokter kan jou vir berading verwys indien jou gebrek aan belangstelling in seks te doen het met onaangename ondervindings uit die verlede.

Stappe wat jy kan neem

Eet voedsame kos. Dit kan brood, melk, eiers, vleis, hoender, neute, boontjies, droë vrugte en vis insluit.

Verminder jou alkoholinname. Alkohol kanselleer baie van die goeie voedingstowwe wat jy inneem uit.

Verloor gewig. Dit sal jou nie net beter oor jouself laat voel nie, maar kan ook jou hormoonfunksie verbeter.

Gereelde fisiese oefening. Dit lig jou bui en kan 'n positiewe uitwerking op jou hormone en energievlakke hê.

Ruim tyd in vir jou en jou metgesel. Dit is baie belangrik, aangesien jy maklik al jou energie aan jou werk en kinders kan bestee – wat beteken dat daar niks oor is vir seks nie.

Neem 'n goeie multivitamien-aanvulling. Dit kan jou algemene gesondheid verbeter, én help met premenstruele spanning (PMS).

(Susan Erasmus, Health24)

Stel 'n vraag aan ons seksuoloog.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE