Share

Deur die oë van 'n voyeur

accreditation

Op die stasie klim ek in die trein en gaan sit. Oorkant my is daar 'n lieflike paar bene met silwer kouse. My oog volg die kouse opwaarts en vang die oog van hulle eienaar – 'n effens mollige, baie oulike blondine.

Voyeurisme is 'n vorm van seksuele perversie (paraphilia), wat behels dat jy ander mense afloer sonder dat hulle dit agterkom. Enigiemand kan 'n voyeur wees.

Kyk 'n bietjie na hierdie paraphilia galery.

" 'n Voyeur lyk net soos enige ander persoon op straat," sê seksuoloog Dr Eugene Viljoen.

Voyeurisme begin gewoonlik om en by die ouderdom van 15, en dit kom meestal by mans voor. Wat die voyeur se slagoffer dra, is onbelangrik: hulle kan van kop tot tone bedek wees, kan besig wees om te ontklee of selfs nakend wees.

"Die seksuele bevrediging is gebaseer op die geheimsinnigheid van die daad en die moontlike agterdog van die slagoffer," sê Dr. Viljoen.

Seksuele opwinding

Voyeurs word opgewonde en mag masturbeer gedurende hulle voyeuristiese aktiwiteit, of daarna, terwyl hulle dink aan wat hulle gesien het.

Dit is onwaarskynlik dat die voyeur ooit fisies met die slagoffer kontak sal maak. Alhoewel die voyeur dikwels oor 'n seksuele ontmoeting fantaseer, sal hy of sy selde iets doen om die fantasie in realiteit te omskep. Die enigste moontlike gevaar is vir die voyeur self: "Hierdie gedrag kan gevaarlik word as die kompulsie om af te loer sy daaglikse lewe omvergooi en 'n nadelige effek op sy interaksie met familie, vriende of metgeselle het," meen Dr. Viljoen.

"Gekoppel aan voyeurisme is die lees van pornografie, die besoek van pornografiese internet webwerwe en die aanskou van 'lewendige' seks-tonele."

Ek is gefassineer deur daardie bene. Ek loer weer en sien hoe haar bene nou by die dye gekruis is. Ek kan die lang kurwe aan die onderkant van haar een dy sien.

Diagnose van voyeurisme

Die volgende kriteria is goeie aanduiders:

  • herhaalde, intens seksueel-opwekkende gedrag oor 'n periode van ses maande  
  • gedrag wat die obsessiewe observasie insluit van niksvermoedende mense wat min klere aanhet, besig is om te ontklee, of kaal is
  • die skep van fantasieë tydens observasie
  • beduidende angsgevoelens, veroorsaak deur die opwelling van seksuele drange, aangewakker deur die daad van voyeurisme

Ek voel ek kry 'n ereksie, maar ek kan nie wegkyk nie. Sy skuif effens rond op haar sitplek en byna ongemaklik ontspan sy, kruis opnuut haar bene en gee my die geleentheid om vir 'n oomblik tussen haar bene te loer.

Voyeurisme is onwettig, maar min mense word daarvoor in hegtenis geneem. Dit is omdat die meeste voyeurs uiters geheimsinnig is en selde ontmasker word. Dit is ook die rede hoekom dit 'n moeilike paraphilia is om te studeer en waar te neem.

Behandeling

Die behandeling van voyeurisme is gewoonlik psigoterapie, wat kan help om die oorsprong van die gedrag te identifiseer en die persoon moontlik ook kan help om hierdie gedrag te wysig. Gedrags- en groepterapie kan ook ingespan word en mag in sekere gevalle van hulp wees.

Daar is ook sekere medikasie wat help met die demp van die soort kompulsiewe gedagtes wat met paraphilia geassosieer word, en sluit gewoonlik die gebruik van hormoonbehandeling in om intense seksuele drange of -gedrag te help onderdruk. Hierdie behandeling moet gewoonlik oor 'n lang periode toegepas word om effektief te wees.

Ek weet nie hoekom ek dit doen nie, maar dit is deel van my. Ek kan dit nie los nie. Maar ek dink nie ek sal dit ooit verder voer nie. Ek hou net daarvan om te kyk, weet jy? Ek was nog altyd 'n voyeur en sal altyd een wees... (Aanhaling uit die anonieme bekentenis van 'n voyeur.) 

(Warren Vonk, Health24, hersien February 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE