Share

6 maniere om jou sekslewe op te kikker

Het jy jouself al ooit betrap waar jy droom oor die dae toe jou sekslewe passievol en opwindend was en, wel, meer behels het as net die herhaling van die roetine wat jy en jou metgesel al jare gelede vasgestel het? Hoekom net daaroor droom? Daar is absoluut geen rede hoekom dinge in die slaapkamer nie nuwe lewe kan kry en net so opwindend soos destyds kan wees nie.

Vir baie paartjies wat al lank saam is, is daar 'n natuurlike neiging om geleidelik, met die verloop van die jare, in 'n gemaklike roetine te verval en meer as vriende en lewensmaats as minnaars saam te leef. Hier is 'n paar idees om jou te help om jou sekslewe te herontdek. Onthou, verskillende dinge werk vir verskillende mense en paartjies. Julle sal moet eksperimenteer om uit te vind wat die beste gaan werk. Maar moenie bekommerd wees nie, dis deel van die pret.

1. Eerlikheid

As jy voel dat julle nie genoeg seks het nie of dat die kwaliteit van julle sekslewe afgeneem het, praat daaroor met jou metgesel. Daar is 'n goeie kans dat hy of sy ook so daaroor voel. Eerlikheid is die eerste en mees belangrike bestanddeel om probleme te identifiseer en reg te stel. Voor enigeen van julle op ander plekke begin soek vir seksuele bevrediging of net aanvaar dat die toekoms min of meer seksloos gaan wees, praat oor hoe julle voel en bespreek idees oor hoe om dinge weer te laat opvlam.

Wees eerlik met jou metgesel en met jouself. Praat oor wat ontbreek en wat jy daaraan wil doen, en gun jou maat dieselfde vryheid. Hou aan kommunikeer en praat oor die dinge wat vir jou werk en wat nie werk nie, veral as julle nuwe dinge wil uitprobeer.

2. Nuwe uitdagings

Daag jouself uit deur onbekende dinge te verken. Die resultate mag jou dalk verbaas! Die geheim is om nooit te aanvaar dat omdat jy iemand al jare lank intiem ken, dit beteken dat jy alles weet oor wat hulle opwindend vind nie. Verloor jou inhibisies en probeer nuwe plekke en posisies, vry in die motor, neem jou tyd en verken nuwe voorspel-tegnieke, leef jou fantasieë uit en eksperimenteer met seksspeelgoed. Jou opsies is so wyd soos jou verbeelding. Bespreek en respekteer egter mekaar se grense en moenie enigiets doen waaroor altwee partye nie saamstem nie.

3. Verskeidenheid

Wanneer julle 'n nuwe en opwindende aktiwiteit of tegniek ontdek het, moet dit nie tot vervelens toe herhaal nie. Moenie ophou om julle gesamentlike repertoire te verbreed nie, en hou aan om nuwe vaardighede te ontwikkel om jou maat te verlei en bevredig. Rebelleer teen die roetine van dieselfde ou ding oor en oor, net omdat dit werk.

4. Spontaneïteit

Moenie bang wees om jou metgesel – en jouself – elke nou en dan te verras nie. Die opwinding van onverwagte en ongerepeteerde aktiwiteite kan baie stimulerend wees, op voorwaarde dat alle betrokkenes gemaklik voel. Dit is natuurlik nie altyd so maklik om jou passie vrye teuels te gee wanneer jou lewe deur werksprobleme, kinders, familie en ander dinge oorheers word nie. Sodra daar weer 'n onverwagse oomblik vir spontane intimiteit opduik, gryp dit aan en moenie dit laat verbygaan net omdat dit nie deel van jou gewone roetine is nie. Jy sal nie spyt wees nie.

5. Afwagting

'n Opwindende sekslewe gaan nie net oor die spontane en onverwagte nie. Moet nooit die heerlike gevoel van afwagting onderskat wat met die vooruitbeplanning van 'n erotiese avontuur gepaard gaan nie. Jy gee jouself die geleentheid om kreatief te wees en jou fantasieë op maniere in te span wat nie in spontane situasies moontlik is nie. Die gewoonte om tyd vir seks in te ruim, is beslis 'n goeie idee, en wat op die ou einde vir die meeste mense die beste werk, is 'n goeie balans tussen spontaneïteit en beplanning.

6. Terapie

As niks anders werk nie, moenie te trots wees om hulp van buite te soek nie. Gaan spreek 'n professionele seks- of verhoudingsterapeut as jy bekommerd is dat daar dalk iets in julle verhouding is wat julle sekslewe in die wiele ry. Terapie mag help om sekere onderliggende probleme wat in julle pad staan, en wat julle dalk nie op julle eie kan oplos nie, te bowe te kom.

(Andrew Luyt, Health24, Augustus 2011)

Besoek Health24 se Sex Zone

Leer meer oor seksuele struikelblokke

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE