Share

Sak en pak

Dis nie kinderspeletjies om 'n skoolrugsak reg te dra nie. Jou kind se rug kan vir altyd deur 'n rugsak geknou word as sekere voorskrifte nie nagekom word nie. Volg ons gids en moenie toelaat dat jou kind soos in die volksliedjie "swaar dra, al aan die een kant" nie.

Al meer Suid-Afrikaanse kinders ontwikkel rugprobleme. Dokters meen dat skoolrugsakke wat oorlaai en verkeerd gedra word 'n groot oorsaak van dié probleem is.

Kinders is onaktiewer as voorheen, wat dit vir baie leerders fisiek moeiliker maak om die gewig van 'n swaar gelaaide boeksak te hanteer sonder om die rug seer te maak. Kinders groei in hul tienerjare die vinnigste, en dit maak die ruggraat kwesbaar.

Verstelbare bande
Die bande moenie te los wees nie. Kweek by jou kind die gewoonte om die bande te verstel voor hy die rugsak opsit of afhaal.

So kan hy sy arms vrylik beweeg en is dit nie nodig om die ruggraat te verwring in 'n poging om die rugsak op te sit of af te haal nie.

Pak so in
Maak seker dat net die nodige boeke ingepak word. Rugsakke met kompartemente sal help om die gewig eweredig te versprei.

Pak swaarder items onder in die sak en naby die kind se rug om die gewig van sy skouers af te hou en vir beter postuur.

Gebruik 'n heupgordel
Kies 'n rugsak met 'n heupgordel sodat die skouers en nek nie alleen die gewig van die sak hoef te dra nie.

Breë, opgestopte skouerbande
Maak seker dat die skouerbande breed en goed opgestop is vir ondersteuning en gemak.

Gebruik albei bande van die sak
Die rugsak se bande moet oor albei skouers gedra word sodat die gewig eweredig oor die rug versprei word.

Die regte gewig
Die rugsak moenie meer as 15% meer as die kind weeg nie. As die sak hom vooroor dwing, is dit oorlaai.

Posisie van die rugsak
Maak seker dat die rugsak nie onder die middellyf hang nie.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE