Share

Leer jou kind so 'n tweede taal

Gill Naeser, 'n spesialis in kinderontwikkeling, en prof. Fred Genesee, 'n kenner van tweedetaalverwerwing, gee raad:

  • Die aanleer van 'n tweede taal is die suksesvolste wanneer kinders gereeld aan albei tale blootgestel word. Die nuwe taal moet sowat 30 persent van hul algehele taalblootstelling beslaan.
  • Dit kan moeilik wees om kinders te motiveer om al twee tale te gebruik omdat hulle eerder die taal van hul maats praat. Om dit teen te werk kan ouers 'n speelgroepie kies waar kinders die tweede taal praat of familie wat dit praat, dikwels besoek.
  • Kinders moet blootgestel word aan die regte gebruik van die taal. As jy as ouer nie vlot daarin is nie, kry hulp by familie of 'n opgeleide mens.
  • Dis belangrik om te praat oor dinge wat relevant is vir die kind. Gebruik die tweede taal as julle praat oor wat hy die dag wil aantrek of eet of met watter speelgoed hy wil speel. Vra maklike vrae wat hy kan antwoord soos wat hy speeltyd wil eet en herhaal woorde en sinne.
  • Leer jou kinders die kultuur van hul tweede taal. Die boodskap wat hulle oor dié taal kry, kan die aanleer daarvan 'n positiewe ervaring maak. 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE