Share

Die outismespektrum

Terwyl baie outistiese mense byna glad nie kan praat nie, of net liedjies, video's en stukkies sinne kan eggo, kan ander ure lank in hoogs gesofistikeerde taal gesels oor 'n onderwerp

wat hulle na aan die hart lê, soos die sterrestelsel of dinosourusse. Net so wissel hulle van verstandelik kwaai gestrem tot intellektueel briljant. Outisme kan soms eers ná 'n kind se tweede verjaardag intree.

Eintlik is dit meer korrek om te praat van outismespektrum-versteuring (OSV) pleks van outisme, omdat vyf verskillende toestande op die outismespektrum val.

1. Outistiese versteuring

Dis die klassieke vorm van outisme, waar kinders meestal in hul eie wêreld leef, nie oogkontak maak nie, nie na dinge wys nie en nie eintlik op die buitewêreld reageer nie. Sommige kinders is ook verstandelik gestrem.

2. Rett-versteuring

Dis ook seldsaam en byna net meisies ly daaraan. Hulle ontwikkel normaal tot tussen ses en 18 maande oud, en daarna haak hul ontwikkeling vas of hulle begin agteruitgaan. Hulle sukkel om te kommunikeer, het eienaardige handbewegings soos om hul hande te wring, groei stadig, loop moeilik, hul koördinasie is swak en hulle kan toevalle kry en verstandelik gestrem wees.

3. Kinder-disintegrasie-versteuring

Kinders ontwikkel normaal tot twee of drie jaar oud en dan begin hul ontwikkeling agteruitgaan. Dis 'n baie seldsame vorm van outisme wat soms met epileptiese toevalle gepaard kan gaan.

4. Asperger-sindroom

Baie Suid-Afrikaners het die eerste keer van dié vorm van outisme gehoor toe Daantjie Badenhorst, 'n lyer, met sy ongelooflike kennis van musiek skoonskip gemaak het op die TV-program Noot vir Noot. Lyers het 'n gemiddelde of bogemiddelde intelligensie en dikwels 'n obsessiewe belangstelling in 'n spesifieke onderwerp. Omdat hul taalontwikkeling gewoonlik

uitstekend is (hulle praat soms baie hoogdrawend), kom baie ouers nie agter iets is verkeerd voor die kinders op skool is en hul sosiale en kommunikasieprobleme duidelik word nie.

5. Omvattende ontwikkelingsversteuring – nie anders gespesifiseer nie

Dis kinders wat sommige maar nie al die simptome van outisme toon nie. Dis een van

die verwarrendste diagnoses op die spektrum, maar een wat op baie kinders van toepassing

is. Een dokter sal dalk so 'n kind as outisties diagnoseer, maar 'n ander nie.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE