Is jy met vakansie in die middel van nêrens en bekommerd oor ‘n siek kind? Wanneer moet jy jou kind dokter toe neem?
Jou kind moet by ‘n dokter of hospitaal uitkom as hy of sy die volgende simptome het:
- Koors (sien ‘n dokter onmiddelik as dit langer as 24 uur duur)
- Oormatige irritasie
- Verwardheid/deurmekaar
- Lusteloosheid (word nie maklik wakker nie)
- Sukkel om asem te kry
- Vinnige of swak polsslag
- Weier om te drink of eet
- Lyk steeds siek al het die koors gelig
- Erge hoofpyn of enige spesifieke klagte (soos oorpyn)