Share

'n Positiewe bui is goed vir kreatiwiteit

'n Nuwe studie dui aan dat mense wat kreatiewe inspirasie soek, moet probeer om die positiewe sy van die lewe raak te sien.

Kanadese navorsers het vrolike of hartseer video- en musiekuittreksels gebruik om deelnemers in verskillende buie te plaas en dan te leer om stelle prente met komplekse visuele patrone te klassifiseer.

Volgens Ruby Nadler, 'n nagraadse student aan die University of Western Ontario en 'n aantal van haar kollegas, het mense wat in 'n goeie bui was beter daarin geslaag om die reëls te leer oor hoe om die patrone te klassifiseer as diegene wat in 'n treurige of neutrale bui was.

Vrolike musiek beïnvloed jou bui

Die vrolike musiek wat in die studie gebruik is, was 'n opgeruimde stuk van Mozart en die vrolike video was van 'n laggende baba. Die treurige musiek was uit die rolprent  Schindler's List, en die videos 'n uittreksel uit 'n nuusverslag oor 'n aardbewing.

"As jy besig is met 'n projek wat innoverende denke vereis, of as jy 'n moeilike probleem moet oplos, kan 'n positiewe buie baie help," sê Nadler in 'n persvrystelling deur die Association for Psychological Science.

Die bevindings wat in die joernaal Psychological Science verskyn, mag verduidelik hoekom party mense snaakse video's op hulle rekenaars by die werk kyk.

"Ek dink mense probeer onbewustelik om hulself in 'n positiewe bui te plaas," meen Nadler.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE