Share

'n Lewe na verkragting

Die bekende aktrise Sandi Schultz van Binneland het haar aangrypende lewensverhaal met die kykers op kykNET se Lewe met gedeel. Sandi is van ‘n baie jong ouderdom af tot na haar 16e verjaardag deur 'n gesinslid gemolesteer. Op 28 is sy in haar huis verkrag deur die berugte Yeoville-verkragter. Sandi het vir jare lank met selfverwyt en skuldgevoelens geworstel. Sy het vir 12 jaar in Amerika gaan woon, maar teruggekeer na Suid-Afrika om teen die verkragter in die hof te getuig. Sy het oor haar verkragting en vroeëre molestering begin praat en besef dat dit wat met haar gebeur het, nie haar skuld was nie.

Meer oor seksuele molestering

Volgens ‘n opname wat tussen 1998 en 2000 deur die Verenigde Nasies gedoen is, is Suid-Afrika heel bo aan die lys van verkragtings per capita. In 1998 is 4 000 vroue in Johannesburg ondervra en een uit elke drie van hulle was ’n slagoffer van verkragting. Na raming word meer as 40% van Suid-Afrikaanse vroue in hulle leeftyd verkrag, alhoewel slegs een uit elke nege van hierdie gevalle gerapporteer word.

Indien ‘n persoon seksueel aangerand is, moet dit by die polisie aangemeld word. Dis belangrik weens die volgende redes:

  • Die aanrander sal in hegtenis geneem word, wat sal verhoed dat ander persone ook aangerand word.
  • Dit bied die slagoffer die geleentheid om met ‘n sielkundige of berader oor die traumatiese gebeure te gesels.
  • ‘n Volledige gesondheidsondersoek word gedoen en in gevalle waar die DNS van die aanvaller beskikbaar is, kan dit met latere arrestasies en vonnisoplegging help.

Soek hulp

Leer watter stappe geneem moet word as iemand verkrag is.

Hoe om iemand te ondersteun wat verkrag is.

Ondersteuningsgroepe

Kindertraumakliniek

Tel: 012 998 1364

Webwerf: www.childtrauma.co.za

“Women & Men against child abuse”

Tel: 011 789 8815

Webwerf: www.wmaca.org.za

“Rape Crisis”-sentrum

Tel: 021 447 9762

Webwerf: www.rapecrisis.org.za

Medihelp se DVD-reeks

Die “’n Lewe met”-reeks is geskoei op Medihelp se gewilde dokumentêre DVD-reeks “Living With” wat oor 13 verskillende geestesiektes handel. Meer inligting word verskaf oor die toestande en die invloed wat dit het op mense en hulle familielede wat daarmee saamleef. Elke DVD in die reeks sluit ook ‘n inligtingsgids in wat meer inligting oor elke toestand en ondersteuningsgroepe bevat. Elke DVD in die reeks kos R189 en kan bestel word op hulle webwerf: www.medihelplivingwith.co.za.

(Medihelp en Health24, Desember 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE