Share

'n Lewe met outisme

Roux en Jorina Botha het gisteraand op kykNET se "'n Lewe met" program gesels oor hul seun Rouxtjie wat met outisme saamleef. 

Hulle kon die eerste veranderinge in Rouxtjie se gedrag reeds op ses en 'n half jaar sien. Hy het begin stotter, skreeusessies gehad en binne 'n week alle kontak met die werklikheid verloor. Hy het alle kommunikasie met hulle verbreek en het kompulsiewe gedrag begin toon. 

Destyds is outisme slegs gediagnoseer tot op driejarige ouderdom. As gevolg hiervan is Rouxtjie eers op agtjarige ouderdom gediagnoseer na 'n besoek aan 'n Amerikaanse universiteit. Vandag is die aanvang van outisme tussen die ouderdom van vyf en sewe jaar baie meer algemeen. 

Rouxtjie kan opdragte uitvoer, maar sukkel om in groot groepe te funksioneer. Hy kan homself nie sinvol besig hou nie, behalwe wanneer hy met die aktiwiteit gehelp word en dit oor 'n tydperk aan hom bekend word. Tog kan hy met die nodige stimulasie take verrig en sukses ervaar, bv. tuinwerk, bak, tafel dek en legkaart bou. 

Meer oor outisme

Die spektrum van outistiese versteurings word veroorsaak deur 'n groep genetiese toestande wat abnormale breinontwikkeling en -funksie veroorsaak. Heelwat navorsing word tans gedoen om te probeer bepaal wat die oorsaak van outisme is, maar daar is tot dusver geen duidelike antwoorde nie. Kenners stem egter saam dat outisme nie enigeen se skuld is nie. Dit is nie as gevolg van swak ouerskap nie en kinders met outisme wangedra hulle nie uit eie keuse nie. Die wangedrag is dikwels bloot 'n reaksie op die omgewing en gee uiting aan die probleme wat hulle ervaar.  

Die voorkoms van outisme neem wêreldwyd toe. Internasionale statistiek dui aan dat dit tans een uit elke 158 kinders onder agt jaar affekteer. Outisme is ook vier keer meer algemeen onder seuns as meisies.  

Algemene eienskappe van outisme

Daar is min bewustheid van ander, nabye familielede en 'n kind se verbeeldingspel mag swak wees. Die ontwikkeling van spraak en taal mag afwykend, afwesig of stadig wees. Daar is baie min reaksie op gesproke taal en die kind tree soms op asof hy/sy doof is. Enige veranderings in die persoon se roetine of omgewing mag ontstellend wees. Daar is ook 'n onvanpaste gehegtheid aan sekere voorwerpe.

Die persoon vind ook interaksie met mense moeilik en maak geen of min oogkontak met ander. Selfbeserende gedrag, soos kopstamp, krap of byt, kan ook voorkom en die kind het soms vreemde gewoontes soos wieg, hande wappery of om voorwerpe aanhoudend in die rondte te rol. Kinders met outisme is ook onbelangstellend of afsydig teenoor aanraking, drukkies of liefkosing. 

Leer meer oor outisme

Lees Health24 se omvattende artikel oor outisme

VVra die kenner

Vra 'n vraag aan ons outismekenner of lewer kommentaar op ons Outismeforum.

Vertel jou storie

Deel jou storie met ander. Begin 'n webjoernaal hier.

Ondersteuningsgroepe

Unicaskool

Tel: 012 460 6539

E-mail: autism@unicaschool.co.za

Website: www.unicaschool.co.za

Outismevereniging
Tel: 012 993 4628

E-mail: afautism@iafrica.com

Website: www.autismassociation.org

Outisme Suid-Afrika

Tel: 011 484 9909

Website: www.autismsouthafrica.org

Meer oor 'n Lewe met

Die reeks dek verskeie aspekte van geestesgesondheid en word elke Dinsdagaand om 8nm.

Medihelp se DVD reeks

Die 'n Lewe met reeks is gebaseer op Medihelp se gewilde DVD reeks "Living With" wat 13 geestestoestande dek. Om 'n DVD te bestel, kontak Medihelp op hulle webwerf of bel 0800 203 048. (Medihelp and Health24, October 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE