Share

Voel beter binne tien minute

Is jy "uitgestres" en lus om iemand te verwurg? Of voel jy miskien net mismoedig en bedruk – sonder enige rede? Hier is tien dinge wat jou binne tien minute beter kan laat voel. Jy het niks om te verloor nie.

Kom aan die gang. Gaan stap of draf ’n entjie – tien minute is genoeg om jou sirkulasie te verbeter en jou spanningsvlakke te verlaag. Oefening is altyd goed vir jou algemene gemoedstoestand en help jou om van spanning en stres ontslae te raak.

Maak skoon. Wanneer jy neerslagtig is, laat ’n deurmekaar kombuis jou net slegter voel. Dwing jouself om die skottelgoed te was – jy sal daarna beter voel. Of maak jou bed op, neem die vullis uit en sit ’n lading wasgoed in die wasmasjien. Dit is ongelooflik hoe vinnig sulke take jou fluks en deugsaam kan laat voel.

Klim op die foon. Bel iemand wat jou altyd goed laat voel. Miskien ’n vriend of ’n ou kennis wat nog altyd van jou gehou het en jou goed behandel het. Dit is gewaarborg om jou op te beur.

Koop ’n tydskrif. Dit voel altyd soos ’n beloning, veral as dit een is wat jy nie gewoonlik koop nie. Gaan sit êrens waar dit rustig is en lees dit op jou tyd deur.

Sit jou voet neer.Bel jou skoonma en vertel haar dat jy haar nie môre winkels toe kan neem nie – miskien oor die naweek. Om ’n slag nee te sê, laat ’n mens dadelik beter voel.

Neem ’n bad. ’n Lekker ontspannende bad by kerslig doen wondere vir ’n gekneusde gees en liggaam. Rustige, strelende musiek dra by tot die atmosfeer. 

Sluk ’n multivitamientablet. Dikwels is uitputting die resultaat van vitamien- en mineraaltekorte. Neem ’n multivitamien en, as jy gelukkig is, sal dit jou baie vinnig beter laat voel. As dit nie werk nie, eet ’n bietjie vrugte en/of groente. Wanneer laas het jy iets kraakvars geëet?

Koop vars blomme. Gaan uit en koop vars blomme. Dit is goed vir die siel, laat jou huis mooi lyk en is altyd iets spesiaal. 

Huil ’n bietjie ordentlik. Daar is niks soos lekker huil om jou beter te laat voel nie. Huil verhoog om die waarheid te sê jou serotonienvlakke, soos om sjokolade te eet, maar huil is beter vir jou middeltjie.

Maak daardie afspraak. Of dit nou ’n afspraak by die dokter, terapeut, gym-instrukteur, aromaterapeut of werkverskaffingsburo is – jy weet wat jy moet doen. Gaan voort en doen dit. Dit sal jou beter laat voel. As jy dit tot nou toe uitgestel het, tel dadelik die foon op en bel.

Laat dit gaan. Of dit wedywering binne die familie is, ’n vete met jou oom, ’n grief wat jy teen jou lewensmaat het of die begeerte om spelde in ’n pop wat soos jou eks-man se nuwe vrou lyk, te steek – laat dit gaan. Griewe het ’n afbrekende uitwerking en verhoed dat jy groei. Stap weg van jou griewe. Onthou, die beste wraak is om gelukkig te voel en goed te lyk. – (Susan Erasmus, Health24, hersien Februarie 2011)

Kortpaaie deur die lewe

Is jy gestres?

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE