Share

Tevrede met die lewe – goed vir die hart

Om tevrede met jou lewe te wees, kan goed vir jou hart wees. Dit is die bevinding van 'n nuwe studie van byna 8,000 Britse staatsamptenare. Hul gemiddelde ouderdom was 49 en hulle is gevra oor hulle tevredenheid met sewe areas van hulle lewens: romantiese verhoudings, vrye-tyd-aktiwiteite, werk, familie, seks, lewenstandaard en hulself. Oor 'n opvolgperiode van ongeveer ses jaar is hoër vlakke van algehele tevredenheid met die lewe geassosieer met 'n statisties-betekenisvolle 13% vermindering van koronêre hartsiekte. Tevredenheid in vier hoofareas – werk, familie, seks en self – is ook geassosieer met 'n 13% vermindering in risiko vir hartsiekte.

Werk, familie en sekslewe beïnvloed hartgesondheid

Die navorsers het egter gevind dat die verminderde risiko nie geassosieer was met liefdesverhoudings, vrye-tyd-aktiwiteite of lewenstandaard nie.

"Altesaam dui hierdie navorsing aan dat om tevrede te wees met sekere areas van die lewe – veral 'n mens se werk, familie, sekslewe en self – is 'n positiewe gesondheidsbate wat geassosieer word met 'n vermindering in die voorkoms van koronêre hartsiekte, onafhanklik van tradisionele risikofaktore," skryf die navorsers in 'n nuusvrystelling van die European Society of Cardiology.

Die studie is aanlyn in die European Heart Journal gepubliseer.

Volgens die skrywer van die studie, Dr. Julia Boehm van Harvard School of Public Health, dui die bevindings daarop dat mense met 'n hoë risiko vir hartsiekte voordeel mag trek uit programme om 'n positiewe gemoedstoestand te skep.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE