Share

Selfmoordrisiko styg ná kontak met strafregtelike stelsel

Volgens 'n studie het mense wat al met die gereg gebots het, selfs al was hulle nog nooit in die tronk nie, 'n hoër risiko vir selfmoord.

Die navorsers wat hulle bevindings in die Archives of General Psychiatry, 'n joernaal van die American Medical Association gepubliseer het, het rekords in Denemarke bestudeer en gevind dat die risiko vir selfmoord die hoogste was by mense wat tyd agter tralies deurgebring het.

Maar die studie-outeurs het ook vasgestel dat die selfmoordrisiko "hoër was, selfs onder diegene wat nog nooit in die tronk was nie, of nie aan enigiets skuldig bevind is nie", in vergelyking met mense wat nog nooit kontak met die strafregtelike stelsel gehad het nie.

Kriminele en selfmoord

Volgens die studie is "selfmoord die sterkste geassosieer met 'n oplegging van sielkundige behandeling met voorwaardelik teruggetrekte aanklagte", of opgeskorte vonnisse.

Britse navorsers het die rekords van 27,219 mense in Denemarke wat tussen 1981 en 2006 weens selfmoord oorlede is, vergelyk met 'n kontrolegroep van 524,899 lewende mense van dieselfde ouderdom en geslag.

Hierdie rekords is daarna met data van 'n nasionale register van kriminele vergelyk om vas te stel watter indiwidue ná 1980 kontak met die strafregtelike stelsel gehad het.

Meer as 'n derde (34.8%) van die mans wat aan selfmoord oorlede is, het 'n geskiedenis van betrokkenheid by die strafregtelike stelsel gehad, vergeleke met byna 'n kwart (24.6%) van die kontrolegroep.

By vroue het 12.8% van diegene wat selfmoord gepleeg het kriminele betrokkenheid gehad, in vergelyking met 5.1% van die kontrolegroep.

Die risiko

"Die selfmoordrisiko was veral hoog by mense met 'n kriminele geskiedenis wat jonger was, wat van gewelddadige misdade aangekla is en wie se kontak met die strafregtelike stelsel onlangs en/of herhaaldelik was."

Die skrywers sê verder dat omdat die selfmoordrisiko skynbaar styg in verhouding met die aantal kere wat die persoon kontak met die strafregtelike stelsel gehad het, en hoe onlangs hierdie insidente was, hulle glo dat die navorsing nie net 'n refleksie is van tendense by mense wat neig om moeilikheidmakers te wees nie.

"Blootstelling aan die strafregtelike stelsel op sigself mag bydra tot die verhoging van 'n indiwidu se selfmoordrisiko, eerder as om bloot 'n refleksie te wees van die eienskappe en neigings van mense wat met die stelsel in aanraking kom." - (Sapa, Januarie 2011)

Lees verder:
Misdaadforum
Misdaad kan langdurige gevolge hê
Is jy 'n teiken vir misdaad?

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE