Share

Negatiwiteit beïnvloed wiskunde resultate

Nuwe navorsing dui aan dat die sleutel tot die vermindering van angstigheid oor wiskunde dalk meer te doen het met die beheer van negatiewe emosies, wat dit moeilik maak om op die werk te fokus, as met rekenvaardighede. 

Die studie het bevind dat die aktivering van areas van die brein wat by aandag en emosie betrokke is studente met wiskunde-angstigheid mag help om hulle vrese te bowe te kom en wiskunde baas te raak. 

Navorsers van die Universiteit van Chicago het funksionele MRI  (Magnetiese Resonans Beelding) gebruik om die breine van universiteitstudente met wiskunde-angs en dié daarsonder te skandeer terwyl hulle aan moeilike probleme gewerk het.

Die skanderings het verskille in die aktivering van die angstige studente se frontale en pariëtale lobbe, wat by die regulering van negatiewe emosies en konsentrasie betrokke is, aangedui.  

Groter aktivering van hierdie areas is met beter prestasie in die wiskunde-toetse geassosieer. Angstige studente wat min aktivering in hierdie areas getoon het, het net 68% van hulle wiskunde probleme korrek opgelos. Wiskunde-angstige studente wat sterker aktivering getoon het, het 86% korrek opgelos, byna dieselfde syfer as studente sonder wiskunde-angstigheid, wat 88% behaal het.  

Die beheer van emosies

Volgens die navorsers dui die bevindings daarop dat studente met wiskunde-angstigheid daarby kan baat om te leer om hulle emosies te beheer voordat hulle wiskundige probleme aanpak.

"Klaskamer-praktyke wat studente help om hulle aandag te fokus en hulle op die betrokke wiskunde taak toe te spits, mag help om die swak prestasie wat deur wiskunde-angstigheid veroorsaak word, te elimineer,” sê Sian Beilock, ’n medeprofessor van sielkunde en ’n deskundige oor wiskunde-angstigheid in ’n nuusvrystelling deur die universiteit. 

Die studie verskyn in die joernaal Cerebral Cortex.

"Basies lyk dit asof die oorkoming van wiskunde-angstigheid nie so baie te doen het met wat jy weet nie, maar meer daaroor gaan oor of jy jouself kan oortuig om op te hou stres en op die probleem te konsentreer,” voeg Beilock by. 

In die geval van studente wat nie angstig oor wiskunde was nie, was daar geen wisselwerking tussen die aktivering van breinareas wat betrokke is by die fokus van aandag, die beheer van emosie en wiskundige prestasie nie. Navorsers het ook nie soortgelyke breinaktiwiteit-patrone waargeneem toe wiskunde-angstige studente gevra is om ’n speltoets af te lê nie.

(HealthDay News, Oktober 2011) 

Lees verder:

Meditasie verbeter wiskunde en Engels

Hoekom party kinders met wiskunde sukkel

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE