Share

Mense vertel meer leuens in e-posse

Nuwe navorsing dui aan dat mense neig om meer leuens aan vreemdelinge te vertel wanneer hulle deur middel van e-pos of kitsboodskappe kommunikeer as wanneer hulle van aangesig tot aangesig met mekaar praat.

"Dit is niks nuut dat mense leuens vertel nie. Wat wel nuus is, is dat ons aanlyn selfs meer jok," sê studie-outeur Mattitiyahu Zimbler, 'n nagraadse student en senior navorser aan die Universiteit van Massachusetts-Amherst.

In die studie het die navorsers 220 voorgraadse studente gewerf en hulle aangesê om vir 15 minute via e-pos, kitsboodskap, of van aangesig tot aangesig met mense van dieselfde geslag te gesels.

Die deelnemers het hulself voorgestel en die navorsers het hulle gesprekke opgeneem. Daarna het die navorsers die deelnemers gevra om die transkripsies deur te lees en aan te dui waar hulle nie die waarheid gepraat het nie.

Die navorsers het gevind dat die deelnemers 'n gemiddeld van ongeveer 1.5 leuens tydens elke 15-minute periode vertel het.

Onbenullige leuens

Die leuens het geneig om onbenullig te wees en was dikwels net dinge wat hulle uitgelaat het. Een deelnemer het gesê: "Ek kort krediete," in plaas daarvan om te erken dat hy vakke gedruip het. Party het gesê hulle doen "uitstekend" of "goed" wanneer dit nie die geval was nie, en een het gesê "Ek wou 'n kelnerin word," wat nie waar was nie.

"Mense het die meeste leuens per e-pos vertel, die tweede meeste per kitsboodskap en die minste wanneer hulle van aangesig tot aangesig met mekaar gepraat het," sê Zimbler.

Nadat hulle uitgewerk het hoe gereeld die deelnemers gelieg het, gebaseer op die aantal woorde wat hulle met mekaar gewissel het, het die navorsers tot die gevolgtrekking gekom dat diegene wat deur middel van e-pos met mekaar gekommunikeer het ongeveer vyf keer meer gejok het as dié wat van aangesig tot aangesig met mekaar gepraat het. Dié van hulle wat deur middel van kitsboodskap met mekaar gepraat het, het omtrent drie keer meer gelieg as diegene wat onder vier oë met mekaar gepraat het.

"Hoe verder hulle weg was van die persoon met wie hulle gekommunikeer het, óf fisies óf sielkundig, hoe groter die neiging om leuens te vertel," sê Zimbler, en voeg by dat die e-posse wat die langste gevat het om hulle bestemming te bereik die meeste leuens bevat het.

Liggaamstaal nie 'n faktor

"In vergelyking met kommunikasie onder vier oë, hoef 'n mens in die geval van e-posse nie bekommerd te wees dat lyftaal enigiets kan verklap nie, en kan 'n mens dus makliker oneerlik wees oor gevoelens," sê hy.

Dana Carney, 'n assistent-professor van administrasie aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, wat leuens bestudeer, sê dit is makliker om mense te mislei as daar tegnologie betrokke is.

"Wanneer jy van aangesig tot aangesig met iemand kommunikeer, is daar 'n groter element van werklikheid en is dit moeiliker om slegte dinge te doen of leuens te vertel," sê sy. "Hoe groter die afstand, hoe makliker is dit om besluite op 'n koel, kognitiewe en rasionele manier te neem."

Die studie het in 'n onlangse uitgawe van die Journal of Applied Social Psychology verskyn.

(HealthDay News, Randy Dotinga, November 2011)

Lees verder:

15 suksesvolle aanlyn afspraak-stappe

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE