Share

Kies jou kind se intrument

As jy wil hê jou kind moet met musiek volhou, moet sy self haar instrumente kies. Maar hier is 'n paar wenke om die regte een te vind . . .

  • Stel haar bloot aan alle soorte musiek en neem haar na opvoerings.
  • Vra haar wat sy graag wil bespeel.
  • Instrumente is duur en die meeste kan nie geleen of gehuur word nie – laat sy instrumente by die skool of in 'n musiekwinkel uittoets.
  • As 'n kind belangstelling verloor, beproef 'n ander instrument (die meeste musikale kennis is oordraagbaar) of 'n ander onderwyser.
  • Wanneer jy 'n onderwyser kies, vra aanbevelings of bel jou naaste universiteit se musiekdepartement. Vra altyd vir 'n proefles en kyk hoe die onderwyser en kind oor die weg kom. Bespreek of jy wil hê jou kind moet vir suiwer genot speel, of om eksamens af te lê.
  • As jou kind seker is sy wil die lesse staak, moenie druk op haar uitoefen nie. "Moenie jou eie drome deur ander probeer uitleef nie," sê Emily Achieng' Akuno, medeprofessor in musiekopvoeding aan die Universiteit van KwaZulu- Natal. "Hou die instrument vir die volgende geslag – die waarde daarvan sal toeneem en, wie weet, dalk keer jou kind eendag terug daarnatoe."

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE