Share

Is jy werklik depressief?

Om te weet of jy werklik aan depressie ly, moet jy die tekens verstaan.

Jy is dalk depressief as jy in die loop van twee weke vyf (of meer) van die volgende simptome ervaar wat jou anders as gewoonlik laat optree.

Minstens een van die eerste twee simptome moet teenwoordig wees.

  • Jy voel die grootste deel van die dag depressief en dis byna elke dag so. Dalk is net jy bewus daarvan (jy voel byvoorbeeld leeg en hartseer) óf ander merk dit op (jy's byvoorbeeld tranerig). Kinders en adolessente kan prikkelbaar wees.
  • Jou belangstelling of plesier in alle (of byna alle) aktiwiteite is aansienlik minder vir die grootste deel van die dag en byna elke dag.
  • Jy verloor noemenswaardig gewig of sit dit aan sonder dat jy wou, of jou eetlus word opmerklik minder of meer. Kinders sukkel om normaal gewig aan te sit.
  • Jy slaap te veel of ly aan slapeloosheid.
  • Jy is rusteloos of jou bewegings is traer – en dit val ander mense op.
  • Jy voel byna elke dag moeg of van energie gedreineer.
  • Jy voel byna elke dag waardeloos, of jy ly aan onvanpaste of oormatige skuldgevoelens.
  • Dis moeilik om helder te dink of te konsentreer.
  • Jy dink dikwels aan die dood en/of aan selfmoord.

 (Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE