Share

Is jou kind musikaal?

Daar's geen betroubare manier om vas te stel of jou kind in die wieg gelê is om 'n mini-Mozart te word nie. Maar as jy ja antwoord op die meeste van die vrae hieronder, is hy dalk . . .

  • Het hy as baba heen en weer gewieg of sy kop saam geknik wanneer hy na musiek luister (of doen hy dit nog steeds)?

  • Trommel hy as ouer kind met sy vingers of voete of dans hy op die maat van musiek?

  • Hou hy daarvan om vir homself te sing?

  • Leer hy maklik liedjies en hou hy meestal die wysie?

  • Kan hy 'n toonhoogte baie akkuraat agter jou aanneurie of -sing?

  • As jy sing of iets bespeel en doelbewus 'n verkeerde noot invoeg, kom hy dit agter?

  • Kan hy liedjies aan hul wysies uitken, selfs sonder die woorde?

  • Geniet hy dit om te kyk hoe ander mense sing of musiek maak, byvoorbeeld op TV?

  • Val hy in of stel vrae oor die liedjie of die instrumente wat gebruik word?

  • Gee hy te kenne dat hy wil leer sing of 'n instrument wil bespeel?

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE