Share

Hoekom selfoongesprekke so irriterend is

Volgens 'n nuwe studie kan dit baie irriterend wees om na iemand anders se selfoongesprek te moet luister, omdat dit sodoende moeilik is om te konsentreer op wat jy besig is om te doen.

Om net een deel van die gesprek te hoor, is baie meer steurend as om na die hele gesprek te luister, en trek jou aandag van ander take af, verduidelik Lauren Emberson, 'n PhD-kandidaat in sielkunde by Cornell Universiteit.

Sy het opnames van die een deel, asook altwee dele, van 'n gesprek aan vrywilligers gespeel, terwyl hulle probeer het om rekenaar-take te voltooi wat hulle volle aandag geverg het, soos om 'n muis te gebruik om 'n bewegende kolletjie te volg. Sy het vasgestel dat die deelnemers baie slegter met die taak gevaar het toe hulle net die helfte van die gesprek kon hoor.

Hoekom dit moeilik is om te ignoreer

'n Mens se brein neig om voorspelbare dinge te ignoreer, maar gee meer aandag aan situasies wat onvoorspelbaar is. Wanneer jy altwee dele van 'n gesprek hoor, is die vloei voorspelbaar, terwyl net een deel van die telfoongesprek heeltemal onvoorspelbaar is, verduidelik Emberson – en dit is hoekom dit so moeilik is om nie te luister nie.

Die studie verskyn in die joernaal Psychological Science.

"Om in die openbaar op 'n selfoon te praat, het werklik 'n diepgaande uitwerking op die bewussyn van die mense om jou, en dit is nie net omdat hulle afluister, of omdat hulle 'slegte mense' is nie. Hulle kognitiewe meganisme forseer hulle basies om te luister," sê Emberson. (September, 2010)


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE