Share

Fassinerende feite oor die brein

Jy dink miskien jy weet alles oor jou brein – die wonderlikste, geheimsinnigste en fassinerendste orgaan in jou liggaam. Hier is 'n paar interessante feite wat jou mag verbaas:

  • Elke mens het meer as 75km senuwees in hul liggaam.
  • Die boodskappe wat jou senuwees stuur, beweeg vinniger as 'n Grand Prix sportmotor.   
  • Die brein is die mees komplekse masjien in die heelal – dit het meer as 100,000,000,000 senuselle, elk met tot 150,000 verbindings.
  • As elke persoon op die planeet tegelyk 200,000 telefoonoproepe sou maak, sou dit gelyk wees aan die aantal konneksies wat 'n enkele menslike brein per dag maak.   
  • Die grys selle beslaan net 5% van ons brein – 95% word beslaan deur die kommunikasienetwerk tussen die grys selle!
  • Die brein is 'n massa senuweefsel wat alle fisiese en verstandelike aktiwiteit reguleer.
  • Breinskade kom voor wanneer breinselle deur 'n tekort aan suurstof, siekte of 'n kopbesering beskadig word. 
  • Algemene gevolge van breinskade sluit in swakheid van een of meer ledemate, balansversteuring, geheueverlies en persoonlikheidsverandering, en epilepsie.
  • Beskadigde breinselle regenereer nie, maar verstandelike en fisiese funksies kan ná ligte of matige breinskade met behulp van deskundige rehabilitasie verbeter.
  • Die menslike brein is groter in vergelyking met die liggaam as dié van ander diere. 
  • Die menslike brein is net 'n bietjie groter as twee vuiste.
  • Gemiddeld is die manlike brein (1,4kg) effens groter as die vroulike brein (1,26kg).
  • Elke breinhelfte beheer die teenoorgestelde helfte van die liggaam.
  • In mense wat regs is (91% van alle mense) beheer die regterkant van die brein die volgende: musiektalent, fantasie, verbeelding, drome, teken en verf. Die linkerkant van die brein beheer: matematiese vermoëns, die vermoë om logiese probleme op te los, taalvaardighede, die onthou van name, datums en feite.
  • Die grys deel van die brein is gevou om binne die skedel te pas, en as dit oopgevou kon word, sou dit die oppervlak van 'n kantoorlessenaar bedek.
  • Een breinsel is verbind met tot 25,000 ander breinselle.
  • Die brein bevat 100 miljard breinselle, waarvan ons elke dag 100,000 onherroeplik verloor.  
  • Jy kan in jou korttermyn-geheue ongeveer sewe feite op een slag stoor, maar op die lang termyn moet jou brein dinge vergeet om plek te maak vir nuwe herinneringe.    

Geskryf deur Dr. Frans Hugo, MBChB, M.Med Psigiatrie en Dr. Linda Van Wyk, MBChB, M. Med Psigiatrie van die Panorama Geheuekliniek.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE