Share

Bitterheid maak jou siek

Konstante bitterheid kan 'n mens siek maak, sê navorsers van Concordia Universiteit wat die verhouding tussen mislukking, bitterheid en lewenskwaliteit ondersoek het.

"Aanhoudende bitterheid kan tot globale gevoelens van woede en vyandigheid lei wat, indien dit sterk genoeg is, 'n mens se fisiese gesondheid kan aantas," sê Carsten Wrosch, 'n professor in die Departement van Sielkunde van die Concordia Universiteit en 'n lid van die Centre for Research in Human Development.

Wrosch stel veral belang in hoekom party mense op sekere stadiums van hul lewens bitterheid vermy en op ander nie. Hy het sy teoretiese oorwegings oor bitterheid in "Self-Regulation of Bitterness Across the Lifespan", 'n hoofstuk in die onlangs gepubliseerde boek, Embitterment: Societal, psychological, and clinical perspectives (Springer 2011) gepubliseer.

Oor die afgelope 15 jaar het Wrosch ondersoek hoe negatiewe emosies soos berou of hartseer mense affekteer. Sy mees onlangse fokus was egter op die impak van bitterheid. Saam met sy medeskrywer, Concordia alumna, Jesse Renaud, het hulle mislukking as een van die mees algemene oorsake van bitterheid uitgesonder. Woede en verwyt is tipiese begeleidende emosies.

Anders as spyt, wat oor self-blaam gaan, met verwyte soos "as ek maar net...", blameer bitterheid omstandighede of ander mense – m.a.w. die skuld word op buitefaktore gepak. "Wanneer bitterheid vir 'n lang tyd gekoester word, mag dit patrone van biologiese disregulasie ('n fisiologiese belemmering wat metabolisme, immuunreaksie of orgaanfunksie kan affekteer) en fisiese siekte voorspel."

Bitterheid as 'n mediese afwyking?

Dit is maklik om te die stelling te maak dat bitterheid siekte kan veroorsaak, maar om voor te stel dat dit as 'n geestesafwyking erken word, is 'n ander saak. Hierdie voorstel is die eerste keer deur Michael Linden, hoof van die psigiatriese kliniek van die Freie Universität in Berlyn in 2003 gemaak.

Linden argumenteer dat bitterheid eintlik 'n mediese afwyking is en as posttraumatiese verbitteringsafwyking(PTED) geklassifiseer moet word. Hy skat dat tussen 1% en 2% van die bevolking verbitterd is en dat deur die toestand 'n naam te gee, mense met PTED die terapeutiese aandag wat hulle verdien, sal kry.

Daar is nog geen besluit geneem oor sy voorstel nie. Wrosch en Renaud sê bitterheid kan vermy word as mense wat mislukking ervaar ander maniere kan vind om hulle doelwitte te bereik. As hulle nie kan nie, beklemtoon die navorsers, is dit noodsaaklik om vrugtelose pogings te staak (bv. om promosie te kry of 'n huwelik te red) en betrokke te raak by iets wat ewe betekenisvol is (bv. 'n nuwe werk of passie).

Dit word selfreguleringsprosesse genoem en "ontkoppeling" en "herkoppeling" is nodig om bitterheid te vermy. "Enige effektiewe terapeutiese ingryping berus op die betrokke individu se vermoë om maniere te vind om selfregulasie toe te pas," sê Renaud.

In sommige gevalle vereis die oorkoming van bitterheid meer as selfregulasie. Wanneer bitterheid uit die blamering van ander mense spruit, mag die herstelproses ander mense insluit. "Om bitter emosies te verwerk, mag daar dalk iets anders wees wat die persoon kan help om die negatiewe emosie te oorwin – en daardie iets is vergifnis." - (EurekAlert!, August 2011)

Lees verder:
Depressiewe mense kan nie gelukkig bly nie

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE