Share

Alkoholisme: 'n gids

Op kykNET se ’n Lewe met... -episode oor alkoholisme het die bekende Elzabé Zietsman openlik gesels oor haar stryd teen alkoholisme. Die episode het verskeie mites oor hierdie toestand uit die weg geruim.

Zietsman is 'n gerehabiliteerde alkoholis wat nou al vir 'n hele paar jaar lank ophou drink het. Elzabé het vir jare lank 'n disfunksionele, werk-hard-speel-hard bestaan gehandhaaf. As die hart en siel van die partytjie was Elzabé trots op haar vermoë om meer alkohol as haar vriende in te neem. Elzabé se draaipunt het gekom toe sy haarself deur die oë van haar goeie vriend, André Schwartz, gesien het. Sy het nie van die persoon wie sy geword het gehou nie en sy het besluit om nooit weer te drink nie – en sy hou dit vol.

Nou koester sy haar vermoë om die lewe te geniet sonder die hulp van alkohol. In haar restaurant Zietsies, in Johannesburg, kombineer sy haar kookkuns en musikale talent in 'n ete-vertoning en bedien sy self haar gaste met alkohol – sy is glad nie bang om haarself te omring deur die eens vernietigende middel nie.

Geen morele swakheid

Histories is 'n swak karakter, morele ontoereikendheid of swak wilskrag as die oorsaak van alkoholisme beskou. Deesdae word alkohol-afhanklikheid aanvaar as 'n siekte wat enigiemand kan tref. 

Alkoholisme is 'n siekte wat stadig begin - eers eksperimenteel, dan sosiaal en word dan algaande 'n kompulsie wat nie meer net eenvoudig afgeskud kan word nie. Die kompulsiewe stadium is die begin van obsessiewe denke oor alkohol, sowel as mislukte pogings om die gebruik daarvan te beheer. Dit is die kompulsiewe en obsessiewe verhouding tussen verslawende middels en gedrag, soos die onvermoë om beheer uit te oefen wat die verskil tussen verslaafdes en nie-verslaafdes definieer. 

Niemand kies om 'n alkoholis of verslaafde te wees nie. Dat 'n mens beheer oor alles in jou lewe verloor het, is moeilik om te erken, of jy nou 'n alkoholis is of nie. Die meeste mense gaan deur duidelik definieerbare stadiums van aanvaarding: van ontkenning tot woede, tot onderhandeling tot uiteindelike aanvaarding. 

Interessante feite oor alkoholisme

  • 10 tot 15% van alle bevolkings trap in die slagyster van alkohol-afhanklikheid. 

  • Omtrent 30 tot 40% van alle mense met alkohol-verwante toestande voldoen aan die dignostiese kriteria van major depressie.

  • Depressie is meer algemeen by alkohol-afhanklike vroue as onder mans.   

  • Die meeste suksesvolle selfmoorde word gepleeg onder die invloed van alkohol.

  • 25 tot 50% van alle alkoholiste ly aan angstoestande.

  • 70% van onnatuurlike sterftes vind plaas onder die invloed van alkohol.

Leer meer oor alkoholisme

A-Z of alcoholism

Alcohol abuse and dependence – the difference

Alcoholism, depression, anxiety linked

Physical and psychological effects of alcohol

Withdrawing from alcohol

What happens when you drink?

The six stages of drunkenness

Detox and withdrawal

Alcoholism: speaking to your friend

Vra 'n kenner

Vra 'n vraag aan ons kenners oor verslawing/middelafhanklikheid.

Wen

Neem deel aan ons kompetisie en staan 'n kans om 'n kopie te wen van Medihelp se DVD oor alkoholisme

Waarheen om te gaan vir hulp

Alcoholiste Anoniem (AA)
Webblad: www.aasouthafrica.org.za
Tel: 0861 435 722
SADAG Substansmisbruiklyn
Webblad: www.sadag.co.za
Tolvry: 0800 12 13 14
SMS: 32312
SANCA
Webblad: www.sancanational.org.za 
Tolvry: 0861 4 SANCA (72622)
South Africans Against Drunk Driving
Webblad: www.sadd.org.za
Tel: 033 347 0103
Tough Love
Webblad: www.toughlove.org.za
Tel: 0861 868 445
 

Lees meer oor die reeks

Medihelp Living With

KykNET se 'n Lewe met... blad

Die ’n Lewe met... reeks oor geestestoestande word elke Dinsdag om 9nm op kykNET uitgesaai.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE