Share

25 gevaartekens in 'n romanse

As jy verlief is, kan jy nie reg dink nie – soos almal van ons wat al ooit dolverlief op 'n vreemdeling was maar al te goed weet. Hier is 25 tekens wat daarop dui dat jou nuwe verhouding dalk op 'n ramp afstuur.

Daar is beslis sekere tekens vroeg in 'n verhouding dat die paadjie van hierdie romanse nie "met rose besaai" gaan wees nie:

  •  Jy is nie te gretig om jou nuwe metgesel aan jou ouers of vriende voor te stel nie
  • Jy is seker dat jy uiteindelik wél aan die reuk van rook gewoond sal raak  
  • Jou idee van 'n lekker fliek is 'n goeie ou tranetrekker terwyl jou maat van "skop, skiet en donder" hou
  • Jy hou daarvan om soggens laat te slaap terwyl jou ander helfte vroeg opstaan om vir die volgende maraton te oefen
  • Hy/sy soen met oop oë  
  • Jy behoort aan twee boekklubs terwyl jou nuwe liefde se leesvaardighede tot instruksies vir modelvliegtuie beperk is   
  • Jy hou van honde en sy is mal oor katte  
  • Haar eks duik by die naaste winkel in wanneer hy haar sien aankom  
  • Vir julle eerste afspraak neem hy jou vir vis en tjips  
  • Jy wil slange vang wanneer hy rooiwyn op jou rusbank mors  
  • Jy dink haar kinders is ongedissiplineerde, bedorwe brokkies  
  • Jou nuwe maat se werkrekord is onseker en wisselvallig, maar hy het 'n baie spoggerige motor
  • Op 'n Saterdagaand word al sy aandag op rekenaarspeletjies gefokus in plaas van op jou  
  • Jou metgesel gebruik 'n kredietkaart met 'n ander naam daarop as hare  
  • Jy vind uit daar is drie eks-eggenote in die agtergrond - en sy is maar net 29  
  • Jou nuwe liefde is onbeskof teenoor kelners in restaurante  
  • Daar is sekere telefoonoproepe wat hy/sy nie in jou teenwoordigheid beantwoord nie
  • Vir Kersfees kry jy sjokolade en sy dogter 'n splinternuwe motor  
  • Hy/sy het geen bank- of enige ander rekeninge nie
  • Jou nuwe maat het konstant slegte dinge te sê oor vorige verhoudings  
  • Jy is 'n fynproewer en hy hou van McDonalds Burgers
  • Jy kry jou maat se identiteitsboekie op die vloer – en sien sy het 8 jaar van haar ware ouderdom afgetrek  
  • Hy wil hê julle moet saam kinders hê, maar toon min belangstelling in dié wat hy reeds het   
  • Dit lyk nie asof sy enige vriende het wat haar al vir langer as ses maande ken nie   

Die antwoord is eenvoudig – kies die hasepad terwyl jy nog kan, en beperk die skade aan jou en jou selfbeeld.

(Susan Erasmus, Health24, hersien Januarie 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE